Kersfeesliedjies: 'n Kersfees OordenkingVoorbeeld

Carols: A Christmas Devotional

DAG 11 VAN 25

Ek Sal Kersfees Tuis Wees (I'll Be Home For Christmas)

Op Oukersaand sal ek gaan
Na waar die lig van liefde skyn
Ek sal Kersfees tuis wees
Al is dit net in my drome

Die woord "tuis" word so verduidelik: daar waar jy woon; 'n bekende omgewing; 'n plek waar jy vandaan kom. Waar is ons tuiste?

Ons tuiste is die plek waar ons die meeste van ons kinderjare deurgebring het en herinneringe geskep het. Dis waar ons ons eerste treë gegee het. Dis waar ons geleer het om 'n motor te bestuur. Dis waar ons die eerste keer verlief geraak het. Dis waar ons op skool of universiteit was en dalk ons huweliksmaat ontmoet het. 'n Plek waar ons die mense geword het wat ons nou is. Vir ons is 'n tuiste 'n plek waar ons op ons gemak voel, saam met die mense vir wie ons die liefste is. Dis die plek waar ons onsself kan wees en nie oor die wêreld daar buite bekommerd hoef te wees nie.

Is dit so? Volgens die verklarende woordeboek is ons tuiste by die huis; by/in die plek waar jy woon, jou oorspronklike plek, 'n bekende plek. Volgens 1 Petrus 2:11 in Die Boodskap weergawe, is ons tuiste egter nie op aarde nie:

"My liewe vriende, julle is slegs besoekers in hierdie wêreld. Eintlik kuier julle net ’n rukkie hier. Moenie die verkeerde dinge die geringste kans in julle lewe gee nie."

Dit is nie verkeerd om plekke op aarde te geniet nie. Ons het dwarsdeur ons lewens mooi herinneringe en ervarings van verskillende plekke. Dis egter nie die bedoeling dat ons hier 100% tuis moet voel nie. Ons tuiste is by Jesus in die hemel. Totdat Hy sê ons moet na Hom toe gaan, sal ons hier bly. Ons sal nooit heeltemal tevrede wees met ons aardse woning nie, al is ons ook hoe lief daarvoor. Dink na oor wat liedjieskrywer Laura Story in haar bekende lied, "Blessings" sê:

"Wat as my grootste teleurstellings of die hartseer in hierdie lewe, die bekendmaking van 'n groter verlange is wat hierdie wêreld nie kan bevredig nie?"

Net Christus kan ons tevrede stel. Net sy teenwoordigheid en vrede kan vir ons ware vreugde bring. Net sy vertroosting kan ons help om oor ons teleurstellings en mislukkings te kom. Eendag sal ons saam met Hom waarlik tuis wees. Nie net vir Kersfees nie, maar vir ewig.

Watter heuglike dag sal dit nie wees nie!

VRAAG:

Hoe kan jy Christus in hierdie Kersfeestyd toelaat om al jou behoeftes te bevredig en te vervul, in plaas daarvan om staat te maak op wat die wêreld jou kan bied?
Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Carols: A Christmas Devotional

God is by ons — in beloftes wat gestand gedoen is, drome wat verwesenlik is en hernude hoop. Ons kan nie anders om te sing nie. Verken tydens hierdie Kersfeestyd die liedere wat ontstaan het as gevolg van die vreugde dat Christus aarde toe gekom het. Herontdek in hierdie 25-dae leesplan hoe hulle op jou hedendaagse lewe van toepassing is.

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church