Kersfeesliedjies: 'n Kersfees OordenkingVoorbeeld

Carols: A Christmas Devotional

DAG 15 VAN 25

Die Eerste Kersfees (The First Noel)

Laat ons almal saam
Ons hemelse Vader loof
Wat hemel en aarde uit niks geskep het
En die mensdom met sy bloed gekoop het.
Kersfees, Kersfees, Kersfees
Die koning van Israel is gebore!

Dit is algemeen bekend dat "noël" die Franse woord vir Kersfees is, maar weet jy wat die oorsprong is? "Noël" kom van die Latynse woord "natalis", wat "geboorte" beteken. Daarom kan die titel van hierdie lied as "Die Eerste Geboorte" vertaal word. Hierdie lied handel oor die Kersverhaal, die geboorte van Jesus, soos ons dit in die Bybel lees. 'n Engel het na Josef toe gekom en vir hom gesê: "Sy [Maria] sal 'n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos” (Matteus 1:21).

Jesus het gekom om ons van ons sondes te verlos. Dit is waaroor hierdie Kersfeestyd vir ons handel: om die geboorte en die lewe van Jesus te onthou. Hy is hier op aarde gebore, het hier gelewe, het hier gesterf en het weer hier opgestaan, net sodat ons 'n nuwe manier kan kry om 'n verhouding met God te kan hê. Die lied herinner ons aan die hoop op verlossing wat met die geboorte van Jesus tot ons beskikking gekom het. Ons vier nie net sy geboorte nie, maar elkeen van ons het ook nou die geleentheid om self nuut gebore te word. Die koning is gebore! Sy bloed sal ons nuut maak!

Watter sonde, tekortkoming, mislukking of swakheid jy ook al het, 'n kind is vir jou gebore en Hy het gekom om jou te red.

VRAE:

Van watter dinge moet Jesus jou red?

Hoe kan sy geboorte hierdie Kersfeestyd die lewens van mense wat jy ken verander?

Wat gaan jy daaromtrent doen?
Dag 14Dag 16

Aangaande hierdie leesplan

Carols: A Christmas Devotional

God is by ons — in beloftes wat gestand gedoen is, drome wat verwesenlik is en hernude hoop. Ons kan nie anders om te sing nie. Verken tydens hierdie Kersfeestyd die liedere wat ontstaan het as gevolg van die vreugde dat Christus aarde toe gekom het. Herontdek in hierdie 25-dae leesplan hoe hulle op jou hedendaagse lewe van toepassing is.

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church