Kersfeesliedjies: 'n Kersfees OordenkingVoorbeeld

Carols: A Christmas Devotional

DAG 19 VAN 25

Met Middernag (O Holy Night)

Kniel voor Hom neer, kom lowe Hom na waarde.
Dis Kersfees, dis Kersfees, die Heer daal tot ons neer.

Te midde van so baie gebreke, kan die nag toe Christus gebore is as een van die mees perfekte aande ooit in die geskiedenis van die mensdom beskou word. God het moeilike omstandighede ('n verwagtende vrou wat op 'n donkie reis) en 'n ongemaklike plek (nie 'n kamer in 'n herberg nie, maar 'n stal met 'n krip as bed) gebruik om sy volmaakte en heilige Seun in die wêreld te bring. God kon baie maklik Jesus se geboorte aanskoulik gemaak het, maar Hy het gekies om dit nie te doen nie.

Die manier waarop God sy Seun in die wêreld gebring het, is min of meer dieselfde as die manier waarop Hy in ons lewens werk. Dikwels gebruik God die gebreke in ons lewens om ons te help om 'n beter mens te word. God hou baie daarvan om fisieke en emosionele littekens gesond te maak en hulle te gebruik om ons sterker mense te maak. Hy hou ook daarvan dat ons dit wat ons uit ons gebreke geleer het, gebruik om ander te help wat met dieselfde dinge sukkel.

Jesus was 'n lig wat God aan al die nasies bekend gemaak het en ons kan ook daardie selfde lig weerspieël. Moenie toelaat dat jou gebreke jou daarvan weerhou nie. Laat eerder toe dat God dit gebruik om jou die mens te maak wat Hy beplan het jy moet wees — 'n lig in 'n donker wêreld. Gee jou swakhede vir God sodat Hy dit in jou grootste sterkpunte kan verander.

VRAE:

Watter swakhede moet jy vir God gee sodat Hy jou perfek kan maak?

Op watter manier sien jy jouself as 'n lig wat God se waarheid aan ander bekendmaak?
Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

Carols: A Christmas Devotional

God is by ons — in beloftes wat gestand gedoen is, drome wat verwesenlik is en hernude hoop. Ons kan nie anders om te sing nie. Verken tydens hierdie Kersfeestyd die liedere wat ontstaan het as gevolg van die vreugde dat Christus aarde toe gekom het. Herontdek in hierdie 25-dae leesplan hoe hulle op jou hedendaagse lewe van toepassing is.

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church