Kersfeesliedjies: 'n Kersfees OordenkingVoorbeeld

Carols: A Christmas Devotional

DAG 22 VAN 25

Stem Uit Die Hemel (Breath Of Heaven)

Stem uit die hemel, hou my vas.
Bly altyd naby my, stem uit die hemel.
Stem uit die hemel, verlig my duisternis
Vloei oor my, u heiligheid, want net U is heilig,
Stem uit die hemel.

So baie van ons ag Maria, die moeder van Jesus, baie hoog, want sy is deur God gekies om sy Seun in die wêreld te bring. Dit was die grootste opdrag wat ooit aan iemand gegee is. Al ag ons Maria hoog, is dit belangrik om te onthou dat sy 'n normale mens soos ons was. Sy moes in werklikheid net soveel, indien nie meer nie, as die meeste mense ook teen vrees veg. Sy was 'n ongetroude tiener wat bonatuurlik verwagtend geraak het, nadat 'n engel haar vertel het sy gaan geboorte gee aan die Messias. Sy was waarskynlik bang vir die groot opdrag wat God vir haar gegee het en moes teen die vrees veg wat veroorsaak is deur die teenstand wat sy en Josef ontvang het as gevolg van hierdie unieke swangerskap. Sy was waarskynlik bang tydens hulle lang reis na Betlehem terwyl sy swanger was en op 'n donkie gereis het. Ondanks haar vrees het sy nogtans getrou gebly aan God en die opdrag wat sy gekry het.

Die lied "Breath of Heaven" stel 'n gebed voor wat Maria heel waarskynlik gebid het om God te vra om haar vas te hou, naby haar te wees en haar duisternis te verlig. Hoe baie kere het jy al 'n soortgelyke gebed gebid? Kersfees is 'n vreugdevolle tyd maar die werklikheid vir baie van ons is dat dit moeilik is om vreugde te ervaar te midde van al die onrus en beproewinge wat om ons plaasvind. Laat God toe om jou hierdie Kersfees te lei, net soos Hy Maria deur 'n moeilike tyd gelei het. Bid tot Hom en vertel vir Hom wat jou gees ontstel en laat Hom toe om die vreugde van Kersfees in jou te herstel deur jou vas te hou, altyd naby jou te wees en jou duisternis te verlig.

VRAE:

Deur watter beproewinge gaan jy tans wat jou van die vreugde van Kersfees beroof?

Wat kan jy doen om jou vreugde en hoop in die lewe terug te kry?
Dag 21Dag 23

Aangaande hierdie leesplan

Carols: A Christmas Devotional

God is by ons — in beloftes wat gestand gedoen is, drome wat verwesenlik is en hernude hoop. Ons kan nie anders om te sing nie. Verken tydens hierdie Kersfeestyd die liedere wat ontstaan het as gevolg van die vreugde dat Christus aarde toe gekom het. Herontdek in hierdie 25-dae leesplan hoe hulle op jou hedendaagse lewe van toepassing is.

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church