Kersfeesliedjies: 'n Kersfees OordenkingVoorbeeld
Stille Nag (Silent Night)
Stille nag, heilige nag
Hemelvors, ons gee ag
op die lied van die engelekoor
Herders het dit die eerste gehoor
Juig, die Redder is daar!
Juig, die Redder is daar!
Ons was arm toe ek 'n kind was. Ons het selde iets gekoop wat nie nodig was nie. Omtrent twee maande voor Kersfees het my ouers my gevra om 'n lysie te maak van alles wat ek wou hê. Ek het deur katalogusse geblaai, na winkels toe gegaan (dit was voor die internet en aanlyn aankope), en het oor al die dinge gedroom wat ek moontlik in die nuwe jaar kon geniet. Nadat my lysie klaar was, het ek angstig gewag vir die geskenke wat onder die boom sou wees. Die gewag het soos jare gevoel, maar dit was die wag werd. Kersfeesoggend was die beste dag! Ek het die res van die jaar my nuwe speelgoed geniet!
God se kinders het vir honderde jare die koms van hul Redder verwag. Ouers het hul kinders van die komende koning vertel: die een wat hulle almal sou red. Hulle kinders het hulle kinders vertel. Elkeen het angstig gewag op die Een waarvan hulle gehoor het. Die koms van Jesus, die Redder, was 'n heilige nag. Die hemele het gejuig. Engele het gesing. Skaapwagters het gebewe oor wat hulle gesien het. Met Kersfees onthou ons die dag wat die hemel aarde toe gekom het! Die dag toe God sy belofte nagekom het! Die dag toe God 'n mens geword het om sy kinders van 'n gebroke wêreld te red. Jou redder is hier. Hy is teenwoordig! Jy hoef nie iets te verwag wat jy alreeds het nie. Vier fees. Geniet die geskenk wat jy ontvang het!
VRAAG:
Op watter terreine in jou lewe verwag jy en sien jy uit na God se teenwoordigheid?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
God is by ons — in beloftes wat gestand gedoen is, drome wat verwesenlik is en hernude hoop. Ons kan nie anders om te sing nie. Verken tydens hierdie Kersfeestyd die liedere wat ontstaan het as gevolg van die vreugde dat Christus aarde toe gekom het. Herontdek in hierdie 25-dae leesplan hoe hulle op jou hedendaagse lewe van toepassing is.
More
Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church