Kersfeesliedjies: 'n Kersfees OordenkingVoorbeeld
Klein, Klein Dorpie Betlehem (O Little Town Of Betlehem)
O klein, klein dorpie Betlehem
Profete het gesê
Dat in 'n nederige krip
Die Christus Kind sal lê.
Ons hoor 'n Engelekoor
Die Hemel Kind besing
En saam met hulle sal ook ons
Aan Hom die hulde bring.
Betlehem was 'n dorpie wat as gering en onbelangrik geag was. Miga 5 beskryf Betlehem so: "Jy is klein onder die families in Juda." Tog gaan Miga voort om te sê: "Maar uit jou sal daar iemand kom wat aan My behoort en hy sal in Israel regeer." En 700 jaar later is Jesus in Betlehem gebore.
Die belangrikheid van die onbelangrike Betlehem kan nie begryp word nie. God werk graag op wonderlike maniere deur die mees onwaarskynlike en dit wat oorgesien word. Ons kan so maklik voel dat ons nie waardeer word of onbelangrik is nie, maar dis presies die soort persoon wat God wil gebruik. Dink aan die eindelose maniere waarop God jou kan gebruik as jy jouself aan sy wil onderwerp.
Eintlik het daar verskeie belangrike dinge voor Jesus se geboorte in Betlehem gebeur. Onder andere was dit die geboorteplek van Dawid, Israel se grootste vegter en koning uit die Ou Testament. Dis ook egter nog 'n voorbeeld van God se wonderlike oppergesag. Dawid was die jongste seun van Isai, wat hom as die onwaarskynlikste keuse as 'n koning oorweeg het. God het egter verby alles gekyk en Dawid as die volgende regeerder van Israel gesalf. Weereens was God aan die werk op maniere wat buite die raamwerk van die mens se konvensionele wysheid was.
Ons is geneig om ons lewe en omstandighede deur 'n mensgemaakte perspektief te sien. Wanneer ons besef dat die Here op wonderbaarlike maniere werk, wat ver bo ons eie is, sal ons meer gereed wees vir Hom om ons op opwindende maniere te gebruik.
Natuurlik het niks meer belangrikheid as die geboorte, lewe dood en opstanding van ons Here Jesus Christus nie. Hoe onwaarskynlik is dit dat Jesus se geboorte op een stil, vreedsame nag in 'n stil, vreedsame dorpie sou gebeur? Die "ewige lig", die "hoop van al die jare" het alles in die "… klein dorpie van Betlehem" begin.
VRAE:
Hoe het jy gesien dat God blykbaar onbelangrike mense en gebeure in jou lewe of in ander se lewe gebruik?
Het dit al ooit gevoel of jy oorgesien word? Watter effek het dit op jou gehad?
Wat sal jy doen om God toe te laat om jou op 'n belangrike manier te gebruik?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
God is by ons — in beloftes wat gestand gedoen is, drome wat verwesenlik is en hernude hoop. Ons kan nie anders om te sing nie. Verken tydens hierdie Kersfeestyd die liedere wat ontstaan het as gevolg van die vreugde dat Christus aarde toe gekom het. Herontdek in hierdie 25-dae leesplan hoe hulle op jou hedendaagse lewe van toepassing is.
More
Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church