Kersfeesliedjies: 'n Kersfees OordenkingVoorbeeld

Carols: A Christmas Devotional

DAG 21 VAN 25

Gaan Verkondig Dit Vanaf Die Berg (Go Tell It On The Mountain)

Die skaapwagters het van vrees gebewe
Toe daar in die hemelruim
'n Engelekoor begin sing
Om die Redder se geboorte te huldig

Wanneer 'n vrou uitvind dat sy verwagtend is, is sy vol vreugde en vind die beste manier om die nuus met haar man, vriende en familie te deel. Wanneer 'n man reg is om 'n meisie te vra om met hom te trou, weet hy dat hy die regte manier moet vind om die vraag te vra en die nuus te deel.

Woorde is soms nie genoeg om die waarheid van goeie nuus oor te dra nie. Toe God dus gereed was om Jesus as 'n mens aarde toe te stuur, hoe het Hy die goeie nuus oorgedra? Met die grootste skouspel. 'n Groot menigte van engele het aan 'n klomp toevallige skaapwagters in die middel van 'n afgeleë veld verskyn. 'n Heilige lig het geskyn en hulle het hardop gesing — dis die soort vertoning wat jy van 'n groot gebeurtenis in die geskiedenis verwag. Die enigste vreemde ding is die gehoor (die skaapwagters uit die lae stand), en hoe min hulle waarskynlik was. Dit bewys dalk dat geen steen onaangeroer gelaat moet word as ons sulke nuus deel nie.

Toe Jesus sy onderrig begin het, het Hy nie die goeie nuus net met woorde verkondig nie. Blindes kon sien, verlamdes kon loop en die dooies is opgewek — om in meer as woorde te verkondig wat die goeie nuus beteken.

Jesaja 62 roep uit: “Sê vir Sion: Hy wat jou red, kom!" Jesus het sy dissipels beveel om tot die uiterstes van die aarde te gaan. In die klassieke Kerslied word ons gesmeek om dit op die bergtoppe en oor die heuwels en oral uit te basuin! "Gaan verkondig wyd en syd dat Jesus Christus gebore is!"

VRAE:

Verkondig jy die goeie nuus? Hoekom of hoekom nie?

Is daar 'n manier waarop jy die goeie nuus op 'n kragtiger wyse kan verkondig as deur woorde?
Dag 20Dag 22

Aangaande hierdie leesplan

Carols: A Christmas Devotional

God is by ons — in beloftes wat gestand gedoen is, drome wat verwesenlik is en hernude hoop. Ons kan nie anders om te sing nie. Verken tydens hierdie Kersfeestyd die liedere wat ontstaan het as gevolg van die vreugde dat Christus aarde toe gekom het. Herontdek in hierdie 25-dae leesplan hoe hulle op jou hedendaagse lewe van toepassing is.

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church