Kersfeesliedjies: 'n Kersfees OordenkingVoorbeeld

Carols: A Christmas Devotional

DAG 18 VAN 25

As Die Kind Gebore Word (When A Child Is Born)

Daar is weer hoop vir die mensdom
God stuur sy Seun om na ons te kom
Elkeen wat dit glo sal genade vind
Dit kom met die geboorte van die Kind.

Daar is niks so opwindend soos die aankondiging dat 'n baba in 'n gesin gebore gaan word nie. Soos die lied sê: "… daar is weer hoop". Baie dinge vind plaas as 'n nuwe kind gebore word. Vir 'n tydperk vergeet elkeen sy eie tamheid en probleme. Hierdie klein skepping sal mense se lewens verander … vir ewig.

Verwagtende moeders kry baie aandag. Vriende en familie is gewoonlik baie nou betrokke by die hele proses van swangerskap. Wanneer die geboorte uiteindelik plaasvind, is daar niks soos die geluid van 'n nuwe baba se gehuil om die lewe aan te kondig wat oor die afgelope nege maand aan die groei en ontwikkel was nie. Dit bring oorweldigende vreugde.

Dieselfde opgewondenheid as by 'n aardse geboorte, vind ook plaas tydens 'n geestelike geboorte wanneer ons Christus vra om die persoonlike Redder en Here van ons lewens te word. Baie mense vier in der waarheid deesdae sowel hulle aardse as geestelike geboortes, omdat hulle besef dat die dag toe Christus in hulle lewens gekom het, net so belangrik is soos die dag toe hulle mens geword het.

Stel jou die vreugde voor wat met Christus se geboorte geheers het, aangesien sy aardse geboorte uiteindelik die hele mensdom vir ewig sou verander. Ons kan 'n geestelike wedergeboorte hê as gevolg van sy aardse geboorte. Johannes 10:10 sê: "Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed." As gevolg van een kind, Jesus, het ons 'n nuwe lewe. Terwyl jy oor die Kersfeestyd nadink, wees dankbaar vir wat God gedoen het toe Hy sy enigste Seun gestuur het sodat ons 'n nuwe lewe kan hê. Wees dankbaar vir die heilige nag toe 'n kind gebore is sodat ons wedergebore kan word.

VRAE:

Wat het jou na jou geestelike geboorte gelei?

Wat beteken 'n nuwe lewe in Christus vir jou?
Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

Carols: A Christmas Devotional

God is by ons — in beloftes wat gestand gedoen is, drome wat verwesenlik is en hernude hoop. Ons kan nie anders om te sing nie. Verken tydens hierdie Kersfeestyd die liedere wat ontstaan het as gevolg van die vreugde dat Christus aarde toe gekom het. Herontdek in hierdie 25-dae leesplan hoe hulle op jou hedendaagse lewe van toepassing is.

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church