Kersfeesliedjies: 'n Kersfees OordenkingVoorbeeld

Carols: A Christmas Devotional

DAG 14 VAN 25

Die Kersfeesliedjie (The Christmas Song)

Kastaiings braai in die vuur,
Jou neus is yskoud,
'n Koor sing Kersfeesliedjies,
Mense is warm aangetrek, soos Eskimo's.

As daar een tradisionele Amerikaanse Kersfeesliedjie is wat Kersfees mooi beskryf, is dit hierdie een. Dit herinner ons aan 'n Norman Rockwell skildery. (Hy was 'n gewilde Amerikaanse skilder en illustreerder wat die land se kultuur pragtig uitgebeeld het.) Dalk laat dit jou dink aan mense wat Kersfeesliedjies by jou huis kom sing en jy wat vir hulle iets te drinke gee. Ons gaan hou partytjies by vriende en woon Kersfeesbyeenkomste in die kerk by. Ons dink ook aan gesinne wat op Kersfeesoggend bymekaar is.

Te midde van hierdie Kersfeesmymeringe hardloop een van ons kinders die binne om te kla dat 'n broer of suster hulle geslaan het, of 'n speelding van hulle gevat het, of dat die bure hulle bal gevat het, of dat iemand van die swaai afgeval het. Ai, kan ons nie maar net 'n rukkie in die gees van Kersfees bly nie?

Dis hoe die lewe verloop, nie waar nie? Dit maak nie saak hoe glad ons alles wil laat verloop nie, daar sal altyd iets opduik wat ons nie verwag het nie. Iets wat ons dag versuur. Iets wat ons hartseer maak.

'n Verhouding wat skeef geloop het.
'n Geliefde wat onverwags oorlede is.
'n Vriend wat jou teleurgestel het.

Het jy geweet dat al hierdie dinge nie vir God 'n verrassing is nie? Daar is in werklikheid niks wat Hom onkant betrap nie. Moenie dink dat slegte dinge wat in jou lewe gebeur as gevolg van sy verlies aan beheer is nie. Nee, die kwessie is nie sy vermoë nie, maar sy opperheerskappy.

Al wens ons dat geen slegte dinge in ons lewens gebeur nie, sal dit wel gebeur. Jesus sê dat ons lewe wel moeilik sal wees (Johannes 16:33), maar Hy belowe ook dat Hy ons te midde van die moeilikheid kalmte sal gee (Johannes 14:27). Dit maak dus nie saak hoe ver ons op ons lewensreis is nie, en of ons is waar ons verwag het om te wees nie, ons kan vir seker weet dat God die gebroke dinge tot iets moois herstel.

Vriend, "ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is" (Romeine 8:28). Beur voort en vertrou in die Een wat jou nooit in die steek sal laat nie.

VRAAG:

Hoe het jy ervaar dat God te midde van moeilike omstandighede in beheer van jou lewe is?
Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Carols: A Christmas Devotional

God is by ons — in beloftes wat gestand gedoen is, drome wat verwesenlik is en hernude hoop. Ons kan nie anders om te sing nie. Verken tydens hierdie Kersfeestyd die liedere wat ontstaan het as gevolg van die vreugde dat Christus aarde toe gekom het. Herontdek in hierdie 25-dae leesplan hoe hulle op jou hedendaagse lewe van toepassing is.

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church