Kersfeesliedjies: 'n Kersfees OordenkingVoorbeeld

Carols: A Christmas Devotional

DAG 13 VAN 25

Stilte, Stilte, Stilte (Still, Still, Still)

Stilte, stilte, stilte, 'n mens kan die sneeu hoor val.
Alles is tjoepstil. Die wêreld slaap.
Die Heilige Ster hou die wag.
Stilte, stilte, stilte, 'n mens kan die sneeu hoor val.

Stilte, stilte, stilte … Hierdie woorde klink nie of hulle 'n plek in die gewoel van 'n besig lewe het nie, veral nie tydens die Kersfeestyd nie. Partytjies, geskenke en projekte hou ons ongelooflik besig en ons jaag van die een byeenkoms na die volgende een. Dit gebeur dikwels dat Kersfees kom en gaan voor ons ons oë uitvee. Dis net dan wanneer ons, ten spyte van ons goeie bedoelings, besef dat ons nooit die vrede ervaar het wat 'n uitvloeisel is van God se verstommende liefde vir ons nie.

Is dit nie interessant dat God ons beveel om "stil" te word nie? Dink jy dis omdat Hy weet dat dit soms vir ons moeilik is om dit op eie stoom te doen?

Wat gebeur as ons werklik tyd inruim om tot bedaring te kom? Die antwoord is in Psalm 46:11 … "Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde." Wanneer jy in stilte na God toe kom, verstaan jy beter dat, wat jy ook al in die gesig staar, hoe jou dag ook al verloop het, jy ten volle tot ruste kan kom in die wete dat God, God is. Hy is ontsagwekkend en wonderlik en oppermagtig. Hy het ons liewer as wat ons kan dink en Hy het alles onder beheer.

Ruim vandag spesiaal tyd in om hierdie stilte op verskillende geleenthede doelbewus na te streef. Dalk kan jy jouself in 'n kombers toevou en buite na die sterre gaan kyk en wonder hoe daardie heilige ster gelyk het, die een wat jare gelede Christus se geboorte aangekondig het. Gaan kyk dalk vir tien minute lank hoe jou jong kind lê en slaap en wonder dan wat Maria en Josef van hulle pasgebore Seun gedink het. Maak jou Bybel oop, lees 'n gunsteling Skrifgedeelte … en sit en wag.

VRAAG:

Watter waarhede oor Christus kom in jou gedagtes op terwyl jy tyd inruim om in stilte by Hom te sit?
Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Carols: A Christmas Devotional

God is by ons — in beloftes wat gestand gedoen is, drome wat verwesenlik is en hernude hoop. Ons kan nie anders om te sing nie. Verken tydens hierdie Kersfeestyd die liedere wat ontstaan het as gevolg van die vreugde dat Christus aarde toe gekom het. Herontdek in hierdie 25-dae leesplan hoe hulle op jou hedendaagse lewe van toepassing is.

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church