Kersfeesliedjies: 'n Kersfees OordenkingVoorbeeld
Hoor Die Blye Eng'lelied (Hark! The Herald Angels Sing)
Diep het Hy hier neergedaal
Om ons uit die dood te haal;
Deur sy koms word Adamskind
Ewig weer met God verbind.
Dis lekker om na 'n klein babatjie te kyk en jou voor te stel wat hy eendag sal word. Dit kan enigiets wees — 'n loods, 'n polisieman, 'n kok, 'n ruimtevaarder, 'n predikant of 'n miljoen ander moontlikhede. Die toekoms lê wawyd oop en is vol geleenthede.
Jesus is vir een doel gebore. In die Kersfeesliedjie praat dit van "gebore sodat die mens nie hoef te sterf nie." Sy geboorte was uitsluitlik sodat ons wedergebore kan word. In 1 Petrus 1:3 loof Petrus vir God vir die "die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood" — en alles wat moontlik is as gevolg van Jesus wat sy heerlikheid prys gegee het en Homself in ons plek opgeoffer het, en die straf van die dood op Hom geneem het, wat ons verdien het as gevolg van ons sondes. Sy dood en opstanding gee vir ons nuwe lewe. Terwyl jy in hierdie Kersfeestyd besig is met allerhande dinge, kom doelbewus 'n paar oomblikke tot bedaring en onthou dat Jesus gebore is om vir JOU 'n wedergeboorte te gee. Dis 'n wonderlike rede om Hom te loof!
VRAE:
Hoe wys jy jou dankbaarheid teenoor Jesus vir die nuwe lewe wat Hy jou gee?
Wie is daar in jou lewe wat nog nie besef wat die ware rede vir Jesus se geboorte is nie? Wat sal jy doen om dit aan hulle bekend te maak?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
God is by ons — in beloftes wat gestand gedoen is, drome wat verwesenlik is en hernude hoop. Ons kan nie anders om te sing nie. Verken tydens hierdie Kersfeestyd die liedere wat ontstaan het as gevolg van die vreugde dat Christus aarde toe gekom het. Herontdek in hierdie 25-dae leesplan hoe hulle op jou hedendaagse lewe van toepassing is.
More
Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church