Oordenking: Bid vir lande regoor die wêreldVoorbeeld

Around the World Prayer Devotional

DAG 16 VAN 30

Geloof en dade

Die mense van Kambodja is baie geestelik. Hulle glo met hulle hele hart dat daar 'n God is. Hulle weet daar is 'n hemel en 'n hel — dis 'n werklikheid vir hulle. Natuurlik wil niemand hel toe gaan nie; almal wil hemel toe gaan na hulle aardse lewe verby is. 

Kambodjane word van kleinsaf geleer hoe om Boeddha te aanbid, en hulle word geleer dat dit tot hulle voordeel is om monnike te aanbid en wierook op altare te brand. Hulle glo dat hulle Boeddha aanbid as hulle die monnike aanbid. Hulle glo ook dat die offers wat hulle na die Boeddhiste tempels bring en die goeie dade wat hulle doen, hulle gees help om die hel te mis en hemel toe te gaan wanneer hulle sterf. Hulle doen graag goeie dinge vir Boeddha om hemel toe te kan gaan of om net vir 'n korter tyd in die hel te bly.  

Die Woord van God verteenwoordig die ware pad na die hemel en hierdie waarheid moet aan die mense van Kambodja oorgedra word.  

Daar staan in die Bybel geskryf dat daar net een pad na die hemel is en dit is slegs deur die Here Jesus Christus. Verlossing en 'n weg na die hemel word net deur Jesus Christus gevind. Dis net deur geloof in Hom en deur sy genade wat ons gered word. Goeie dade en goeie werke kan ons nie red nie. 

Ek glo dat al word ons nie deur goeie werke gered nie, word ons egter deur geloof in Jesus Christus gered om goeie werke te doen. Goeie werke is die bewys van ware geloof in Christus. Ware geloof in Jesus Christus bring goeie vrugte voort. Jakobus 2:17 sê: “So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.”

Daarom moet ons des te meer, as volgelinge van Jesus, ons lig laat skyn deur die goeie dade wat ons doen. Mense moet sien dat ons nie goeie dade minag as ons redding deur geloof in Christus verkondig nie; ons verhoog goeie dade na 'n hoër vlak. Ons is geroep om die lig en die sout van die aarde te wees deur middel van ons woorde, dade en ons goeie werke. 

Dis wat in my hart is — dat ons, as volgelinge van Jesus Christus, ons ware geloof in Hom sal behou, saam met 'n sterk verbintenis om sy lig te laat skyn deur ons goeie dade, oral waar ons gaan. Dan sal mense kan getuig dat ons sy dissipels is.

Gebedsversoek

'n Derde van die land se bevolking bestaan uit jongmense. Omtrent 30% Kambodjane leef op die broodlyn. Kinders is dus vatbaar vir ondervoeding en slegte lewensomstandighede.
Dag 15Dag 17

Aangaande hierdie leesplan

Around the World Prayer Devotional

Welkom by jou groot avontuur! Deur middel van hierdie oordenkings gaan ons deur die wêreld reis en waarhede in die Woord van God ontgin. Ons toergidse is vriende van die uiteenlopende netwerk van "OneHope" se wêreldwye vennote. Hulle geografiese gebiede verskil dalk, maar hulle is almal verenig met die doel om die Woord van God te verkondig. Reis saam met ons deur die Skrif op 'n 30-dae toer!

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://onehope.net/