Leesplan inligting

Oordenking: Bid vir lande regoor die wêreldVoorbeeld

Around the World Prayer Devotional

DAG 19 VAN 30

'n Liefde vir Christus — en rugby — in Fidji

Die land Fidji is geleë in die middel van die Suid-Stille Oseaan. Dit is 'n argipel (eilandgroep) wat uit meer as driehonderd eilande bestaan en het 'n diverse bevolking. Fidjiane hou daarvan om na rugby te kyk en te speel. Hul Sewes rugbyspan het in die 2016 Olimpiese Spele, wat in Brasilië plaasgevind het, hul eerste goue medalje gewen. Professionele rugbyspelers moet baie hindernisse oorkom. Sommige kom uit armoedige gesinne, maar dit beperk nie hul geesdrif en motivering om hulle groot drome te bewaarheid nie. Die span ondergaan intensiewe opleiding, wat insluit om op die sandduine van Sigatoka te hardloop om hulle stamina, fiksheid en uithouvermoë te verbeter. Maar benewens hul strawwe liggaamlike opleiding, fokus die span op iets selfs meer belangrik: om 'n verhouding met Christus na te streef.

Die span se motivering is gebaseer op Filippense 4:13: “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.” Dit herinner elke spanlid om op Christus staat te maak — op die veld en van die veld af. Die meeste spelers skryf die vers voor 'n wedstryd op die bandjies om hul hande as 'n herinnering aan God se getrouheid in hulle lewens. Hierdie Skrif help hulle om geloof te hê en toewyding, uithouvermoë en geduld te ontwikkel en om op Christus te fokus. God wil hê dat ons sy Woord dag en nag sal oordink, ongeag hoe ons werklikheid lyk.

Die Woord van God herinner ons in 1 Korintiërs 10:13 aan sy getrouheid in tye van versoeking. Die duiwel wil altyd sien dat ons tou opgooi. Maar Christus, die Heilige Gees en die hemelse leërskare, is altyd beskikbaar om ons as oorwinnaars deur ons reis te neem. Hulle sal altyd 'n uitkoms bied in elke moeilike omstandigheid. As ons in die moeilike tye op God vertrou, sal Hy ons daardeur help.

In ons wandel met God sal ons nie altyd 'n maklike reis hê nie, maar ek waarborg jou dat die proses die moeite werd is, want dit bring die vrug van die Heilige Gees voort. Dit word in Galasiërs 5:22–23 genoem. Ons behoort dankbaar te wees vir die proses waardeur ons gaan, want dit vorm ons karakter volgens God se gelykenis. 

Gebedsversoeke

· Kinderarbeid is nie ongewoon in Fidji nie. Kinders verrig verskeie take. Hulle word gewoonlik in diens geneem as huishulpe of as werkers op plase en landerye. Bid vir gesinne om herstel te word en dat kinders in sorgsame omgewings kan leef en toegang tot opvoeding kry.
· Bid vir kerke om saam te werk om na die volgende geslag in die gemeenskap uit te reik.

 
Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

Around the World Prayer Devotional

Welkom by jou groot avontuur! Deur middel van hierdie oordenkings gaan ons deur die wêreld reis en waarhede in die Woord van God ontgin. Ons toergidse is vriende van die uiteenlopende netwerk van "OneHope" se wêreldwye v...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://onehope.net/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid