Leesplan inligting

Oordenking: Bid vir lande regoor die wêreldVoorbeeld

Around the World Prayer Devotional

DAG 20 VAN 30

Om die Hemelse Vader Beter te Ken 

 Nepal is 'n klein landjie wat in die noorde deur Sjina begrens word en in die suide deur Indië. Die totale bevolking is omtrent 30 miljoen, wat uit uiteenlopende stamme en tale bestaan. Die dak van die wêreld, die berg Everest, is ook in Nepal geleë. 

'n Algemene Nepalese groet is om jou twee palms teen mekaar te druk en te sê: "Namaste", wat "Hallo" beteken of "Aangenaam om jou te ontmoet". Christene groet mekaar egter deur hulle hande te vou en te sê: “Jai mashi,” wat “Prys Jesus” beteken. 

In Nepal beoefen 81.3% van die bevolking Hindoeïsme en slegs 1.4% word as Christene gereken. Nepal se parlement het die land in 2006 as sekulêr verklaar, maar daar is steeds 'n groot mate van vervolging van Christene. Baie kerke word gebombardeer of aan die brand gesteek en Christene word in aanhouding geplaas. Dit is dikwels die hoofnuus in plaaslike koerante. 

Diskriminasie tussen plaaslike inwoners groei daagliks, want die land is vasbeslote om Nepal 'n Hindoevolk te maak sodat dit die eerste volslae Hindoevolk in die wêreld kan word. Ten spyte van die streng wette wat geestelike gesprekke verban, het die aantal Christene in Nepal vinnig gegroei. Baie mense leer ken die enigste ware Redder. Daar lê egter nog 'n lang pad voor. 

Christene in Nepal wil ons hemelse Vader al hoe beter leer ken. Ten spyte van al die uitdagings en geleenthede, die mislukkings en suksesse in hulle lewens en in die bediening, wil hulle dit doen. Jesus het in Johannes 14:6 gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.” Om die Vader beter te leer ken en deur te help om Hom aan ander bekend te maak, is die uiteindelike doel van 'n lewe in die bediening (Lees Johannes 14:1–14).

Die kerk is besig om met die Woord van God uit te reik na die volgende geslag van Nepalese, sodat hulle kan leer dat ware verlossing net in en deur die bloed van Jesus Christus kan plaasvind. Veertig persent (40%) van die bevolking is kinders en jongmense. In die jare wat voorlê sal hierdie jongmense die gesig van Nepal verander na 'n godvresende land en 'n land wat God dien. 

Gebedsversoeke 

· Bid asseblief vir geestelike deurbrake in Nepal en vir die leiers van die land. Bid dat wette wat evangelisasie verbied, afgeskaf sal word.
· Bid vir die mense wat tot bekering kom. Hulle beleef dikwels vervolging en is in gevaar as gevolg van wetgewing. 

[ii] “Children in Nepal,” UNICEF, toegang verkry op 23 November 2019, https://www.unicef.org/nepal/children-nepal. 

Dag 19Dag 21

Aangaande hierdie leesplan

Around the World Prayer Devotional

Welkom by jou groot avontuur! Deur middel van hierdie oordenkings gaan ons deur die wêreld reis en waarhede in die Woord van God ontgin. Ons toergidse is vriende van die uiteenlopende netwerk van "OneHope" se wêreldwye v...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://onehope.net/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid