Oordenking: Bid vir lande regoor die wêreldVoorbeeld

Around the World Prayer Devotional

DAG 21 VAN 30

Samel die Oes in 

Jesus gee hierdie opdrag in Lukas 10:2: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes.” 

Jesus het dit omtrent tweeduisend jaar gelede gesê en die arbeiders is tot vandag toe nog steeds min. Waar is die arbeiders vir die oes? 

Danksy moderne tegnologie weet die wêreld in 'n kwessie van ure daarvan as 'n internasionale leier te sterwe kom. Dis egter tweeduisend jaar gelede wat Jesus, die Here van die heersers (Openbaring 19:16), aan 'n kruis gesterf het en nie almal weet van hierdie gebeurtenis in die geskiedenis wat die wêreld verander het nie!

Mense regoor die wêreld en ook in die Kaap Verdiese Eilande, moet nog die goeie nuus hoor. Kaap Verde, ook genoem Kabo Verde, is 'n pragtige argipel (eilandgroep) met skilderagtige strande en paradysagtige landskappe. Dit bestaan uit tien eilande in die Noord-Atlantiese Oseaan, maar net nege word bewoon. Die eilande het 'n gesamentlike bevolking van 568 000 mense en is deel van die Afrika kontinent, 620 kilometer vanaf Senegal. Kaap Verde is 'n strategiese gebied, want die eilande is tussen Afrika, Europa en Amerika.

Amper die helfte van Kaap Verde se bevolking is jonger as 25 jaar. Ondanks die land se prag, staar die nasie baie probleme in die gesig, insluitend kindermishandeling. Dis die rede hoekom ons nie kan ophou om uit te reik nie. Ons moet die nege eilande bereik. Ons het die Woord van God wat mense kan verander! Ons het die waarheid wat verlossing bring. Ons ken die ware Bevryder. Ons besit die krag van die Heilige Gees. Ons het die waarborg dat ons sal oorwin. Ons het iets wat niemand anders aan mense kan bied wat ly nie. Dit alles gee vir ons 'n groter verantwoordelikheid om die verlorenes in die wêreld te bereik.

Mag ons dieselfde sê as Jesaja: “Toe het ek die Here hoor vra: “Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?” Ek het geantwoord: 'Hier is ek! Stuur my!'” (Jesaja 6:8). 

Mag die Here hierdie las op ons plaas om sy oes vir die koninkryk te versamel!

Gebedsversoeke 

· Bid dat die kerk Jesus so lief sal hê dat dit 'n natuurlike deel van hulle daaglikse lewe sal wees om ander na Jesus te lei.
· Bid dat meer sendelinge na Kaap Verde sal gaan. Bid dat nuwe koninkrykwerkers in die nasie opgewek sal word.
Dag 20Dag 22

Aangaande hierdie leesplan

Around the World Prayer Devotional

Welkom by jou groot avontuur! Deur middel van hierdie oordenkings gaan ons deur die wêreld reis en waarhede in die Woord van God ontgin. Ons toergidse is vriende van die uiteenlopende netwerk van "OneHope" se wêreldwye vennote. Hulle geografiese gebiede verskil dalk, maar hulle is almal verenig met die doel om die Woord van God te verkondig. Reis saam met ons deur die Skrif op 'n 30-dae toer!

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://onehope.net/