Leesplan inligting

Oordenking: Bid vir lande regoor die wêreldVoorbeeld

Around the World Prayer Devotional

DAG 15 VAN 30

'n Land van vrede 

Sedert die koloniale tye het Costa Rica bekendgestaan as 'n land van vrede, omdat dit meestal bestaan het uit landbouers wat nie in konflik met hulle buurlande was nie. Die Grondwet van Costa Rica, wat tans nog in gebruik is, is in 1948 onder die politieke beheer van José Figueres Ferrer geskryf, en dit het die weermag amptelik afgeskaf. Sedert daardie tyd staan Costa Rica bekend as 'n land wat sy binnelandse- en buitelandse konflik op 'n vredevolle manier oplos, deur samesprekings en diplomasie. Dit word so gedoen om 'n kultuur van vrede te skep en jongmense word geleer om in gesprek te tree tydens konflik. Costa Rica is trots op sy vredevolle nasie. 


As Christene kan ons uit hierdie voorbeeld van Costa Rica leer. Jesus het gesê:


“Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie” 
— Johannes 14:27. 

God is die skepper van vrede; Hy is vrede. Ons moet leer dat God in beheer van elke situasie is. Al lyk dit moeilik en onmoontlik, is die probleem nie buite die Here se bereik nie. God is lief vir vrede. Hy hou van vrede tussen mense, maar Hy hou ook daarvan as ons vrede in onsself het — 'n vrede wat ten spyte van moeilike omstandighede in ons harte ontstaan. Dis die soort vrede waarvan die Bybel in Filippense 4:6-7 en Hebreërs 12:14 praat. 


Jesus Christus is die enigste effektiewe onderhandelaar te midde van enige konflik wat ons ervaar. Hy vra dat ons vol vrede moet wees en in vrede met alle mense leef. Ons kan nie toelaat dat die vyand regsake en onmin tussen ons familie, vriende en kollegas bring nie. Die Bybel sê:


“Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word” 
— Matteus 5:9.

Elke keer wanneer ons iemand — 'n kind, jongmens of volwassene — van Jesus vertel, word ons boodskappers van die goeie nuus van verlossing. Ons is gesante van die vrede van God. Ons help mense om sy vrede in hulle harte te ervaar. Doen dit. Moenie mismoedig word nie. Jy doen iets goeds vir die koninkryk van God. Soek vrede … en volg dit na!


Mag vandag 'n nuwe dag wees waarin die vrede van God jou hart vul, ongeag die situasie of probleem wat jou in die gesig staar. Mag Jesus die Een wees wat jy vertrou.


Gebedsversoek

· Bid vir die ekonomiese stabiliteit van die land, wat vir maande lank al in 'n finansiële krisis is.
Dag 14Dag 16

Aangaande hierdie leesplan

Around the World Prayer Devotional

Welkom by jou groot avontuur! Deur middel van hierdie oordenkings gaan ons deur die wêreld reis en waarhede in die Woord van God ontgin. Ons toergidse is vriende van die uiteenlopende netwerk van "OneHope" se wêreldwye v...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://onehope.net/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid