Leesplan inligting

Oordenking: Bid vir lande regoor die wêreldVoorbeeld

Around the World Prayer Devotional

DAG 14 VAN 30

Gebed kan 'n nasie verander! 

Suid-Afrika is maar sedert 1994 'n demokratiese volk. Vir die afgelope 25 jaar moes die mense van hierdie pragtige land leer hoe om saam te leef en te werk vir 'n beter toekoms vir almal. Dit was nie maklik nie, maar ons "leef en streef na vryheid", soos ons volkslied sê.


Tydens ons oorgang na demokrasie in 1994 was daar baie vrees; die spanning het hoog geloop en daar was kommer dat 'n burgeroorlog kon uitbreek. Baie mense sal saamstem dat die vredevolle oorgang aan gebed toegeskryf kan word. Kerke van regoor die land — van alle agtergronde en denominasies — het saamgekom om te bid ten spyte van die chaos, onsekerheid, wantroue en politieke oortuigings. Alles wat die vyand ten kwade bedoel het, het God ten goede gebruik. Ek glo dat God se belofte in 2 Kronieke 7:14 die verskil gemaak het. God hoor en verhoor gebede. 


Beweeg 23 jaar aan ná die gebeurtenis van demokrasie. Op 22 April 2017 het die kerk van Christus weereens verenig om die Here vir ons volk aan te roep. Een miljoen gelowiges het saamgekom op 'n plaas in die middel van die land, om in te tree — en God het geluister!


Sedertdien was daar al twee soortgelyke gebedsbyeenkomste. Die een was in Kaapstad in 2018. Daar het ons vir God gevra om reën te bring vir die drooggeteisterde gebied, want die stad se varswatervlakke was amper uitgeput. Later, in 2019, was die damme in die omgewing byna 80% vol. Dit is 'n wonderwerk. Ons God hoor! 


Die tweede geskiedkundige gebeurtenis was in Oktober 2018, toe 'n groot gebedsbyeenkoms buite Pretoria plaasgevind het. Ons het vir God gevra om in te gryp omdat korrupsie hoogty gevier het en besig was om die land se ekonomie en groei te kniehalter. Werkloosheid was hoog en die volk was weereens op sy knieë. Twee maande na die gebedsbyeenkoms is die destydse president ontslaan en baie inisiatiewe is aan die dag gelê om die land te laat floreer. 


Dit was nie maklik om Suid-Afrika van apartheid na demokrasie, van droogte na genoeg water en van korrupsie na integriteit te sien gaan nie. As 'n volk het ons egter geleer dat God ons hoor, selfs — en spesifiek — wanneer moeilike tye aan die orde van die dag is. 


Weereens roep ons uit na God vir ons volk — vir die ontelbare lewens wat deur geweld en onderdrukking van kwesbare mense beïnvloed word. Ons word egter bemoedig deur die belofte wat in die Woord van God gevind word, dat gebed 'n kragtige uitwerking het. 


Gebedsversoek 

Suid-Afrika het 'n ryk en multi-kulturele bevolking. Bid asseblief dat God deure sal oopmaak om die goeie nuus op 'n gepaste wyse na die verskillende bevolkingsgroepe, geslagte en sosio-ekonomiese groepe te bring, wat in ons diverse nasie verteenwoordig word.
Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Around the World Prayer Devotional

Welkom by jou groot avontuur! Deur middel van hierdie oordenkings gaan ons deur die wêreld reis en waarhede in die Woord van God ontgin. Ons toergidse is vriende van die uiteenlopende netwerk van "OneHope" se wêreldwye v...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://onehope.net/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid