Leesplan inligting

Oordenking: Bid vir lande regoor die wêreldVoorbeeld

Around the World Prayer Devotional

DAG 13 VAN 30

Oekraïne: Die broodmandjie van Europa


Die Oekraïne is Europa se tweede grootste land. Dit het 'n kleurvolle geskiedenis, heerlike kos en mense met 'n oorlewingsgees. Oekraïne was op 'n tyd die broodmandjie van Europa omdat dit verantwoordelik was vir 25% van alle lanboubedrywighede in die voormalige Soewjetunie. Brood was nog altyd vir Oekraïners 'n simbool van welstand en welvaart; dis as 'n geskenk van God beskou. 


Daar is 'n algemene, ou tradisie in Oekraïne waar 'n gas brood en sout aangebied word as deel van 'n verwelkomingseremonie. Die gas breek 'n klein stukkie brood af, druk dit in die sout en buig sy hoof in dankbaarheid voordat hy die brood eet. Die belangrikheid van brood word ook in Oekraïne se nasionale vlag verteenwoordig. Die vlag is blou bo en geel onder. Die blou verteenwoordig die lug en die geel is 'n simbool van die baie graanlanderye. 


Al het Oekraïne baie vrugbare grond, is dit skokkend om te besef dat amper vier miljoen Oekranïers gesterf het as gevolg van 'n volksmoord wat deur hongersnood veroorsaak is. Brood het die belangrikste simbool van lewe geword toe vier miljoen mense van honger gesterf het. Oekranïers wat oorleef het, het ongelukkig 'n ander nasionale ramp beleef — Tsjernobil — die wêreld se ergste kernkragsentrale ramp. Dit het rampspoedige besoedeling veroorsaak oor landbougrond en die gesondheid van die hele volk beïnvloed. 


Nasionale onafhanklikheid het vrede en stabiliteit gebring, maar vanaf 2014 tot vandag toe, sukkel Oekraïne. Die prys van 'n brood is 'n aanduiding van die ekonomie.


Brood stel dikwels lewe en voorspoed voor. Jesus het Homself ook die Brood van die lewe genoem. Hy het hierdie voorbeeld gebruik sodat mense sou besef dat Hy die enigste bron van lewe is. Mense sukkel dikwels om genoeg kos in die hande te kry of die betekenis van die lewe te verstaan. Die grootste nood van enige nasie is nie fisieke of ekonomiese rykdom nie, maar eerder geestelike welwaart. Jesus sê:


“Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie”
— Johannes 6:35. 

Vir baie jare was God, in genade, besig om die volk van Oekraïne te herstel — die land en die harte van mense. Sedert die jare van onafhanklikheid in 1991 het Oekraïne geweldige godsdiensvryheid beleef, ten spyte van die jare wat hulle ateïstiese propaganda moes verduur. God is besig om die Christene uit te daag om die lig van die wêreld te wees en die goeie nuus te versprei.


Gebedsversoek 


Bid vir Oekraïne en die wêreld om God te soek as die enigste manier om hulle geestelike honger te stil — om die Woord van God as hulle daaglikse brood en die enigste bron van lewe te sien.
 

(Tans — 2023 — is Oekraïne in 'n jaarlange oorlog met Rusland gewikkel.)


Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Around the World Prayer Devotional

Welkom by jou groot avontuur! Deur middel van hierdie oordenkings gaan ons deur die wêreld reis en waarhede in die Woord van God ontgin. Ons toergidse is vriende van die uiteenlopende netwerk van "OneHope" se wêreldwye v...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://onehope.net/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid