Leesplan inligting

Oordenking: Bid vir lande regoor die wêreldVoorbeeld

Around the World Prayer Devotional

DAG 12 VAN 30

Indië: 'n Tentoonstelling van die Verskeidenheid van God se Skepping 


Uitgestrekte lug, majestueuse berge, kristalhelder waters, ruwe terreine, warm woestyne en pragtige vlaktes. Daar is 'n magdom stimulerende besienswaardighede, geluide en geure wat die kern van Indië insluit. Die hoogtepunt vir baie besoekers is egter die uiteenlopende kulture, verskillende tale, verskeidenheid kosse, helder kleredrag en vriendelike karakter wat Indië se 1,4 miljard mense (2022) uitmaak. Indië is 'n land waar liefde 'n onmisbare deel van die lewe is. Dis 'n land met 'n verskeidenheid van nasionaliteite en godsdienstige gelowe en maak aanspraak op meer as 121 tale wat gepraat word. Tog, ten spyte van alles, leef mense steeds in eenheid en vrede saam.


Op dieselfde manier moet ons, as die liggaam van Christus, getrou wees aan ons roeping om eenheid in verskeidenheid te demonstreer. Ons moet leer om saam te staan om God se koninkryk op die aarde uit te brei. Om dit te kan doen, moet ons nie op ons gewone manier bly dink nie, maar na dinge kyk vanuit 'n heel nuwe perspektief. 


Die apostel Paulus stel Christene en nie-Christene se reaksie op die evangelie teenoor mekaar. Hy skryf dat daar 'n definitiewe verskil is tussen die een groep wat die goedheid van God raaksien en die groep wat die wraak van God raaksien in alles wat Hy doen.


“Ons is die wierook wat deur Christus vir God gebrand word, waarvan die geur dié bereik wat gered word, sowel as dié wat verlore gaan. Vir dié wat verlore gaan, is dit 'n doodsreuk wat dood bring; vir dié wat gered word, is dit 'n lewensgeur wat lewe wek” — 2 Korintiërs 2:15,16.

Die andersheid daarvan om "Indies" te wees, kan vergelyk word met Paulus se verwysing na die geur van Christus in ons almal. Ons kom uit verskillende vlakke van die samelewing, maar die een ding wat ons verenig en kenmerk, ongeag waar ons gaan, is die geur van Christus. Versprei ons die geur van Christus? Is ons mense wat ons gemeenskap beïnvloed? Wanneer Christene eendragtig bymekaar kom, gebeur daar groot wonderwerke in volke. Die God van die skepping het sy liefde uitgestort sodat sy koninkryk deur sy gekose mense uitgeleef kan word. Wees daardie "geur".


Die Bybel sê dat die eenheid van die kerk in die laaste dae 'n teken sal wees dat Christus gaan kom. Laat ons dus nie nalaat om te erken dat ons almal verskillend, maar tog verenig is, in ons Godgegewe doel nie. God lei ons altyd in 'n triomftog en deur ons versprei Hy die kennis van Homself in elke plek, want vir God is ons die geur van Christus. Hoe kan ons dus die geur van Christus versprei? Ons moet God se liefde op 'n sagte, liefdevolle manier versprei en nie mense oorweldig as ons Christus aan hulle wil bekendstel nie. Ons moet 'n sagte geur versprei en nie 'n oorweldigende stank nie.


Gebedsversoeke


· Bid vir Indië, want dit is 'n land met baie behoeftes. Mense lei onder diskriminasie as gevolg van die kastestelsel: baba dogtertjies word vermoor, vrouens word saam met hulle mans wat gesterf het verbrand, mensehandel vind plaas, kinderarbeid is volop en nog vele meer. Bid dat hierdie ongeregtighede gestaak sal word.

· Bid dat die groepe in Indië wat nog onbereik is, 'n ontmoeting met Jesus sal hê. Daar is nog steeds duisende groepe in Indië wat nog nooit van Jesus gehoor het nie en daarom word hulle beskryf as die volk in die wêreld wat nog die meeste onbereikte mense het.
Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Around the World Prayer Devotional

Welkom by jou groot avontuur! Deur middel van hierdie oordenkings gaan ons deur die wêreld reis en waarhede in die Woord van God ontgin. Ons toergidse is vriende van die uiteenlopende netwerk van "OneHope" se wêreldwye v...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://onehope.net/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid