Jesus, Tuis In Jou Hart — Pete BriscoeVoorbeeld

Jesus At Home In Your Heart By Pete Briscoe

DAG 3 VAN 11

Om Die Wet Agter Te Laat

Ek sal eerder op my manier sterf as om jou lewe te leef. — Laren Oliver

Volgens die Bybel is ons dood. Dit laat 'n mens nogal skrikkerig voel. Dit klink nie soos die goeie nuus wat ons graag wil hoor nie. Tog is dit een van die wonderlikste en kragtigste waarhede in die Woord van God: Ons is saam met Christus gekruisig en het gesterf. Die vraag is egter, waaraan het ons gesterf? Wat het ons agtergelaat?

... deur die wet is ek vir die wet dood sodat ek vir God kan lewe ... (Galasiërs 2:19).

Of ons dit besef of nie, ons is dood vir die wet van verdienstelikheid en prestasie-gebaseerde aanvaarding. Ons is dood vir die idee dat ons enigiets kan doen om meer guns by God te kan wen. Dit is nou kragtig! Ons kan sonder enige dubbelsinnigheid die waarheid aangryp dat slegs Jesus kan doen wat ons nooit kan nie.

Op 'n misterieuse wyse het ons saam met Jesus aan die kruis gesterf. Ons siele het oor tyd heen uitgereik en in angs uitgeroep — dieselfde angs wat Jesus aan die kruis beleef het — en daar en dan, blaas ons die laaste asem uit en groet ter wille van God 'n lewe wat op verdienstelikheid staatgemaak het.

Hoe wonderlik dat sy dood hierdie heerlike doel dien.

"Sodat ..." Wanneer ek hierdie klein oorgangsfrase in die Skrif lees, is my oë op die uitkyk vir die doel. Wat is die doel daarvan dat ek vir die wet dood is? Wat is die doel daarvan dat ek probeer ophou het om God se guns deur tradisies en verdienstelikheid te wen? "Sodat ek kan lewe."

Dood en lewe. Dit is wat Jesus aan almal wat uitgeput is, bied — almal wat moeg daarvan is om God se gratis geskenk van genade in Christus te probeer verdien. Laat die wet dus agterweë bly en leef deur die Gees. Jy sal nie spyt wees nie!

Gewer van die Lewe, wat 'n uitnodiging! Wat 'n ruil. U roep my om 'n lewe van reëls en "nie genoeg nie's" agter te laat, sodat U my 'n lewe van aanvaarding kan gee wat meer as genoeg is. Ek aanvaar. Heelhartig aanvaar ek om te sterf. Dis waarvoor ek die hele tyd gewag het — 'n oproep tot lewe. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Jesus At Home In Your Heart By Pete Briscoe

Hou styf vas aan die vertroosting van die eeu-oue evangelie wanneer jou lewe eensaam word en jou dae moeilik. Christus het gesterf, opgestaan en is nou tuis in jou hart! In hierdie 7-dag leesplan, wys Pete Briscoe jou op die wonder van die inwonende Christus en wat dit beteken om elke dag in die volheid en krag van "Christus in jou" te lewe.

More

Ons wil graag vir Telling the Truth bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: https://www.tellingthetruth.org/