Jesus, Tuis In Jou Hart — Pete BriscoeVoorbeeld
Alles Gaan Oor Jesus
Sy was vir hom beeldskoon, hy het geglo sy is onberispelik wys; hy het van haar gedroom en vir haar gedigte geskryf, waarvan sy die onderwerp geïgnoreer en met rooi ink gekorrigeer het. — Virginia Woolf, Mev. Dalloway
Daar is 'n geheim in die lees van die Skrif. Regtig, daar is! As jy iemand is wat sukkel om die bladsye van die Bybel om te blaai omdat dit blykbaar nie sin maak nie, is hierdie geheim vir jou:
Alles wat voor Jesus se koms geskryf is, wys na Hom. Alles wat na Jesus se koms geskryf is, wys ook na Hom.
Jesus is die middelpunt van die onderwerpe in die Bybel. As jy dus 'n verhaal van Dawid, Noag of Jesaja lees, kan jy jouself afvra: Wat vertel dit my van God? Hoe wys dit na Jesus toe?
Dieselfde geheim is op die Christelike lewe van toepassing. Ons vra onsself so dikwels af: Waarheen is ek veronderstel om te gaan? Vir wie is ek veronderstel om te dien? Waaroor is ek veronderstel om om te gee?
Dit is nie slegte vrae nie, maar die onderwerp is verkeerd. Die Christelike lewe gaan nie oor toekennings en prestasies nie. Dit gaan oor Jesus wat in my woon.
Toe Paulus vir die kerk in Galasië geskryf het, het hy vir hulle gesê — en ook vir ons almal — hoe om hul nuwe lewens in Christus te leef. Hy het sy persoonlike geloof verklaar en dit het amper so geklink:
- Ek is dood.
- Christus woon in my.
- Ek is afhanklik.
"Ek is met Christus gekruisig …" Ek is dood, "ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my ..." Christus woon in my ... "En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God ..." Ek is van Hom afhanklik (Galasiërs 2:20 AFR53, byvoegings en klem my eie).
Teen dié agtergrond, is hierdie 'n paar beter vrae: Wie is my krag? Wie is my liefde? Wie is die oorvloedige genade in my lewe?
Die antwoord is eenvoudig. Dit is nie ek of jy nie, maar Jesus.
Vader, wie se Gees in my woon, ek het probeer om die ster in my eie lewensverhaal te wees — en nou is ek uitgeput. In plaas daarvan, smag ek daarna om die voorbeeld te volg van daardie eerste ster in die naghemel toe U na die aarde gekom het. Laat u Gees in my skyn en die rigting na U aanwys. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hou styf vas aan die vertroosting van die eeu-oue evangelie wanneer jou lewe eensaam word en jou dae moeilik. Christus het gesterf, opgestaan en is nou tuis in jou hart! In hierdie 7-dag leesplan, wys Pete Briscoe jou op die wonder van die inwonende Christus en wat dit beteken om elke dag in die volheid en krag van "Christus in jou" te lewe.
More