Jesus, Tuis In Jou Hart — Pete BriscoeVoorbeeld
Dit Verander Alles
Die Christus in ons, wat ons hoop op heerlikheid is, is nie ... 'n stokperdjie, 'n deeltydse projek, 'n goeie tema vir 'n boek of 'n laaste uitweg wanneer alle menslike moeite misluk nie. Hy is ons lewens en die mees werklike feit van ons bestaan. Hy is die krag en wysheid van God in ons. — Brennan Manning
Verander Christus in ons enigiets? Vir seker!
Aangesien Jesus in ons is, kan ons werklik die lewe ervaar. Nie sommer enige lewe nie — die lewe van Christus. Ver bo salarisse, pensioene, vierkante meters; ver bo vrugbaarheid of onvrugbaarheid, verlies en sukses, ervaar ons die volheid van die Christelike lewe omdat Hy in ons is.
Aangesien Jesus in ons is, kan ons die lewe met uithouvermoë aanpak. Wanneer ons moeg voel, kan ons aanhou. Wanneer ons geduld uitgeput is, kan ons nog steeds liefhê, want Hy is in ons.
Aangesien Jesus in ons is, kan ons vir sonde nee sê. As ons in Christus is, is sonde net 'n tydelike waansin. Dit is nie wie ons is nie. Dit is nie waar ons hoort nie. Ons is vir sonde dood en lewe nou in Christus, want Hy is in ons.
Aangesien Jesus sy lewe deur ons leef, sal ons lewens saak maak, want Hy is in ons.
"Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie" (Johannes 15:5).
Vir siele wat uitgehonger is om 'n doel te vind, verander dit alles. Ons verlang daarna dat ons lewens iets sal beteken. Ons smag na doel en nalatenskap. Met Jesus in ons, dra ons sy vrugte wat genade en voedingskrag gee aan ontelbares wat honger na die lewe.
Kom ek vra jou dus: Verander dit enigiets dat God in jou lewe? Nee, nie net enigiets nie. Dit verander alles.
Ek het aan myself gesterf. Christus woon nou in my. Ek is afhanklik. Selfs nog veel meer, ek deel in die Goddelike lewe. Dit beteken ewige intimiteit met God wat hier en nou op aarde tot my beskikking is. Ek is nooit alleen nie en tot alles in staat, omdat Hy in my is ...
As jy jou hart vir Hom oopgemaak en Hom ingenooi het, is Hy ook in jou.
Baie dankie, Jesus, dat U in my hart, denke, liggaam en siel woon. Ek is soos 'n kleifles wat die wêreld se kosbaarste skat in my dra — U! Ek vra dat U my vandag op 'n nuwe manier bewus sal maak van die waarheid oor u volgehoue teenwoordigheid en krag in my. Hier is ek, Here. Ek is gereed om u lewe in my te ervaar. Amen.
Ter Nadenke:
- Watter verskil het die inwonende teenwoordigheid van Jesus in jou lewe gemaak?
- Wat beteken dit om "met Christus gekruisig" te wees?
- Hoe kan jy die goeie nuus van die inwonende Christus met ander deel?
Kry verdere onderrig by Pete deur 'n daaglikse oordenking per e-pos.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hou styf vas aan die vertroosting van die eeu-oue evangelie wanneer jou lewe eensaam word en jou dae moeilik. Christus het gesterf, opgestaan en is nou tuis in jou hart! In hierdie 7-dag leesplan, wys Pete Briscoe jou op die wonder van die inwonende Christus en wat dit beteken om elke dag in die volheid en krag van "Christus in jou" te lewe.
More