Jesus, Tuis In Jou Hart — Pete BriscoeVoorbeeld

Jesus At Home In Your Heart By Pete Briscoe

DAG 6 VAN 11

Sê "Nee" vir Selfhelp

Ek het na 'n boekwinkel gegaan en die verkoopsdame gevra: "Waar is die selfhelpafdeling?" Sy antwoord toe dat dit die doel sal mis as sy my sê. — George Carlin

God help dié wat hulself help, of hoe? Nie eintlik nie. Inteendeel, dis heeltemal verkeerd. In die boekwinkel se selfhelpafdeling word ons vertel hoe ons op eie stoom deur die lewe se moeilikste tydperke moet gaan — wat beteken ons is op onsself aangewese. Dit is egter baie ver van die waarheid af. Die waarheid is baie kragtiger, soveel meer diepgaande en baie meer verstommend:

"Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag" (2 Petrus 1:3).

Alles wat ons nodig het om 'n godvrugtige lewe te lei, kry ons deur vir Jesus te ken. Moenie my verkeerd verstaan nie. Petrus belowe nie 'n maklike of sorgvrye lewe nie. Hy sê wel dat ons nie net alles het wat ons nodig het om te oorleef nie — maar om te floreer — in 'n lewe waar Christus beleef word.

"Deur dit te doen, het [Jesus] ons die kosbaarste en allergrootste gawes geskenk wat Hy belowe het ... [sodat] julle deel kry aan die Goddelike natuur" (2 Petrus 1:4).

Hoe nou!? Kan ons "deel kry aan die Goddelike natuur" — in sy heerlikheid en goedheid — omdat ons alles het wat nodig is om 'n godvrugtige lewe deur Christus te lei? Is dit moontlik om deur die teenwoordigheid van die Heilige Gees in ons, so naby en so intiem met Hom in die hier en nou te kan wees?

Dit is nou 'n kragtige Bybelvers. Deur God se krag het ons alles wat nodig is om te lewe soos Hy wil hê:

  • Ons hoef nie om krag te smeek nie. Jesus is ons krag.
  • Ons hoef nie te sukkel om mense lief te hê nie. Hy het hulle deur ons lief.
  • Ons hoef nie vir vreugde te wag nie. Hy is ons vreugde.

Nee, ons hoef nie onsself te help nie. Ons skiet aan niks tekort nie. Hoekom? Omdat God self in ons lewe.

Dit is die waarheid. "Selfhelp" is 'n flou en misleidende strewe.

Vader hier by my, ek het gedink dat ek alleen moet lewe en my lewe op 'n manier u liefde waardig moes maak. Tog, U het my dopgehou, vir my gewag en my geroep om stil te raak sodat ek u teenwoordigheid kon geniet. U teenwoordigheid. Jesus, maak my rustig. Wys my dat ek nie meer alleen hoef te werk of stry nie. Ek prys U dat U my alles gegee het wat ek nodig het. Wys my hoe om 'n godvrugtige lewe te lei. Amen.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Jesus At Home In Your Heart By Pete Briscoe

Hou styf vas aan die vertroosting van die eeu-oue evangelie wanneer jou lewe eensaam word en jou dae moeilik. Christus het gesterf, opgestaan en is nou tuis in jou hart! In hierdie 7-dag leesplan, wys Pete Briscoe jou op die wonder van die inwonende Christus en wat dit beteken om elke dag in die volheid en krag van "Christus in jou" te lewe.

More

Ons wil graag vir Telling the Truth bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: https://www.tellingthetruth.org/