Jesus, Tuis In Jou Hart — Pete BriscoeVoorbeeld

Jesus At Home In Your Heart By Pete Briscoe

DAG 5 VAN 11

Jou Hart, Sy Tuiste

Hoe meer ons dit regkry om "onsself" uit die weg te ruim sodat Hy ons kan oorneem, hoe meer word ons werklik onsself ... Hy het [ons] almal geskape. Hy het ons uitgedink — soos 'n skrywer die karakters vir sy roman uitdink — al die verskillende mense wat ek en jy veronderstel is om te wees ... Dit is eers wanneer ek my tot Christus wend, myself aan sy persoonlikheid oorgee, dat ek vir die eerste keer my eie ware persoonlikheid ontwikkel. — C. S. Lewis

Dit is nogal uitdagend om vir kinders te verduidelik dat Christus in hulle harte woon. Daar is ongetwyfeld altyd die kind wat dit letterlik interpreteer en wil weet hoe Hy dan in haar hart inpas. Hoekom het Hy haar hart gekies en nie haar ore sodat sy Hom kan hoor nie? Kan Hy veroorsaak dat haar hart dalk ontplof?

Terwyl ek al die ingewikkelde besonderhede verduidelik van Christus wat in ons harte woon, beland ek in 'n teologiese gesprek, ver bo haar begrip. Sy stap in verwarring weg en ek in verwondering.

Eintlik is sy mos reg. Jesus is nie fisiek binne-in haar hart nie. Dit is soos om die verstommende geskenk van die Heilige Gees saam te pers en styf te verpak in 'n hanteerbare grootte. Die wese van inwoning is dat Jesus, die tweede persoon in die Drie-Eenheid, in ons woon — in ons lewe — deur die Heilige Gees wat die derde persoon in die Drie-Eenheid is.

... en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe ... (Galasiërs 2:20).

Die Griekse woord "en" beteken om te rus en te vestig. Paulus kon 'n ander Griekse woord gekies het: "eis", wat daarna verwys om in te beweeg — maar hy doen dit nie. Hy kies "en". As jy in Christus is, dan is Christus reeds in jou. Sy Gees het in jou kom rus. Hy het Hom in jou kom vestig. Dit is God self wat in jou lewe.

Die vestiging van die Gees in jou is so volledig soos om 'n eenheid met jou te vorm. Verstaan jy wat die gevolge is? Jy hoef nooit weer om hulp te vra asof Jesus en jy twee aparte wesens is nie. Julle is 'n eenheid, want sy lewe is jou lewe. Jy volhard in sy krag. Jy het lief met sy liefde.

In Hom vind jy uiteindelik jouself ten volle.

Here, U lewe nie net in my nie, maar U het my lief. U wil in my gevestig wees. U noem my u tuiste. Wat 'n genade! Here, vul my oorvloedig en tot oorlopens sodat ek hierdie genade kan uitstort oor hulle óm my. Dan sal almal weet dat U nie ingeperk kan word nie. Amen.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Jesus At Home In Your Heart By Pete Briscoe

Hou styf vas aan die vertroosting van die eeu-oue evangelie wanneer jou lewe eensaam word en jou dae moeilik. Christus het gesterf, opgestaan en is nou tuis in jou hart! In hierdie 7-dag leesplan, wys Pete Briscoe jou op die wonder van die inwonende Christus en wat dit beteken om elke dag in die volheid en krag van "Christus in jou" te lewe.

More

Ons wil graag vir Telling the Truth bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: https://www.tellingthetruth.org/