Dapper VredeVoorbeeld

Courageous Peace

DAG 4 VAN 6

DAG 4 — Veg vir Fokus

'n Paar jaar gelede het ek 'n vlugonderbreking in Singapoer gehad en ek het die nag in 'n hotel langs die lughawe deurgebring. Toe ek in my kamer kom, het ek die TV aangeskakel en daar was 'n nuusberig aan die gang. Alhoewel die nuus gelees is in 'n ander taal as Engels, het ek gedink ek gaan kyk en probeer verstaan wat aan die gang was.  

Soos jy jou kan voorstel, het dit nie te goed verloop nie. 

Ek het die afstandbeheer opgetel en daar was 'n knoppie wat gemerk was "onderskrifte". Toe ek dit druk, het die vertaling onmiddellik onderaan die skerm verskyn. 

Alhoewel dit nuus was, was dit glad nie nuus vir my nie, want ek kon dit nie verstaan nie. Die onderskrifte het die boodskap uit die geraas blootgelê. 

Dit voel vir my asof jy dalk nou hierdie lees terwyl jy 'n klomp geraas in jou lewe ervaar. 

Jesus probeer dalk vandag om vir jou 'n boodskap in jou geraas te stuur — is jy bewus daarvan en is jy gereed om dit te ontvang? 

Ek hou baie van die Skrifgedeelte in Lukas 8, waar die vrou gekies het om op Jesus te fokus ondanks die chaos en die skare om haar — en waar Jesus haar binne-in die chaos ontmoet het. 

Enige gewapende mag sal weet dat 'n rookgranaat hom in oorlogskonflik die oorhand oor die vyand kan gee, aangesien dit die fokus van die geveg aftrek.

Daar is so baie dinge wat op 'n daaglikse basis ons aandag in beslag neem. Kies om jou fokus op Jesus te hou en veg vir die vrede wat Hy alreeds aan jou gegee het.  

Dapper vrede vereis dat jy sal veg vir jou fokus.


Vrae:

(1) Watter afleidings in my lewe kan my fokus van Jesus se vrede af wegsteel? 

(2) Dit is maklik om soggens afgelei te word — óf deur ons fone óf deur die eise van die dag. Daaglikse oordenkings is 'n maklike, dog kragtige manier om aan die begin van jou dag jou fokus op Jesus te plaas. Skryf 'n eenvoudige oggendroetine neer wat jy kan gebruik om jou dag reg te begin. 


Gebed:

Liewe Vader. Dankie dat U my in die skare en die chaos ontmoet. Help my om vandag my oë op U te fokus. In die naam van Jesus. Amen.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Courageous Peace

Hierdie 6-dag leesplan ondersoek hoe ons in chaos ware vrede kan vind, of dit nou is omdat ons met rustelose gedagtes wroeg of omdat ons in 'n rustelose wêreld leef. God se onsigbare werk ín jou, is besig om jou voor te berei vir sy sigbare werk déúr jou. Vrede is meer aansteeklik as wat jy besef. Rob Stanmore is die Pastoor vir die jong volwassenes ("Powerhouse") op die Hills Kampus by Hillsong Kerk.

More

Ons wil vir Powerhouse Hills bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.instagram.com/robstanmore