Dapper VredeVoorbeeld

Courageous Peace

DAG 1 VAN 6

DAG 1 — Die Ontbrekende Vrede

In 1888, op 'n vrieskoue Januarie oggend in Switserland, het Alfred Nobel sy oggendkoerant opgetel.

Op daardie stadium was Alfred wêreldwyd bekend as die uitvinder van dinamiet en een van die wêreld se grootste vervaardigers van wapentuig.

Hy het die opskrif gelees:

“Alfred Nobel is vandag oorlede.” 

Totaal verward het hy dadelik die koerant geskakel om die fout reg te stel.

Dit het geblyk dat 'n haastige, oorywerige verslaggewer nie die name nagegaan het nie en die foutiewe opskrif geskryf het.

Dit was 'n uitsonderlike geleentheid om homself deur ander se oë te sien en Alfred was verstom om te sien dat hy bekendgestaan het as "Die Handelaar van Dood" as gevolg van sy oorlogsverwante besigheid.

Hierdie ondervinding het hom ten diepste getref en hy het hom voorgeneem om sy nalatenskap te verander. Binne 'n paar weke het hy sy besigheid verkoop en gereël dat sy fortuin gebruik word om 'n toekenning te befonds wat toegeken moes word aan diegene wat die meeste gedoen het om vrede in die wêreld te bevorder. 

Vandag onthou ons dus nie vir Alfred Nobel as 'n wapenhandelaar nie, maar as die stigter van die Nobelprys vir Vrede.

 

Vrede is 'n verwarrende ding.  

Een dag mag dit vir jou voel asof jy dit het en net die volgende dag kan dit wêrelde verwyder voel. 

Dalk lees jy vandag hierdie terwyl jy self al gestoei het om ware vrede in hierdie wêreld van chaos te vind — hetsy vrede van rustelose gedagtes of van jou lewe in 'n rustelose wêreld. 

Dit kan selfs die chaos wees van media-opskrifte, sosiale media, vriende, familielede, universiteit, kollege of skool. 

My hoop is dat hierdie leesplan vir jou 'n hernude en vars bewuswording van ware vrede sal gee. 

Alfred Nobel was 'n man wat eens met chaos geassosieer was, maar wat herskep is na 'n man wat vandag bekendstaan as 'n bringer van vrede. 

Sy nalatenskap is nou die geskenk van vrede. 

In Johannes 14:27 gee Jesus aan die dissipels hierdie diepgaande openbaring oor vrede: 

"Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie."

Vrede is 'n geskenk. Daar is niks wat ons kan doen om dit te verdien nie, maar deur God se genade, gee Hy aan ons vrede. 

Jesus gee nie net aan ons die gawe van vrede nie, Hy is sélf die verpersoonliking van vrede.  

God gee nie aan ons 'n strategie hoe om vrede in die wêreld te bewerkstellig nie, Hy gee aan ons die persoon van Jesus. Jesus is die "Vredevors" (Jesaja 9:5). 

Ek wil jou vandag aanmoedig om Johannes 14:27 te oordink terwyl ons saam hierdie oordenkingsreis begin. 

 

Vrae:

(1) In watter areas van my lewe het ek, behalwe deur Jesus, probeer om vrede te vind? 

(2) Hoe verander die feit dat ek vrede as 'n gawe sien, my begrip van vrede?

 

Gebed:

Liewe Vader. Dankie dat U deur Jesus aan ons die gawe van vrede gee. Ek bid dat U my rustelose gedagtes sal stilmaak en my help om my oë vandag op Jesus te vestig. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Courageous Peace

Hierdie 6-dag leesplan ondersoek hoe ons in chaos ware vrede kan vind, of dit nou is omdat ons met rustelose gedagtes wroeg of omdat ons in 'n rustelose wêreld leef. God se onsigbare werk ín jou, is besig om jou voor te berei vir sy sigbare werk déúr jou. Vrede is meer aansteeklik as wat jy besef. Rob Stanmore is die Pastoor vir die jong volwassenes ("Powerhouse") op die Hills Kampus by Hillsong Kerk.

More

Ons wil vir Powerhouse Hills bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.instagram.com/robstanmore