Dapper VredeVoorbeeld

Courageous Peace

DAG 6 VAN 6

DAG 6 — Gaan in Vrede

"Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien." (Matteus 5:8). 

Ek vind dit soms moeilik om die weertoep op my foon te vertrou. 

Dit het al gebeur dat ek op 'n snikhete dag buite in 'n kortbroek staan, en wanneer ek dan die toep oopmaak, sê dit dat dit 10°C buite is.  

Die probleem is dat dít wat ek ervaar, glad nie strook met wat ek op die toep sien nie.

Op hierdie oomblik mag dít wat jy in die wêreld sien, dalk glad nie strook met die vrede wat jy in Jesus kan ervaar nie. Ek wil jou graag aanmoedig: jy het baie meer invloed as wat jy dink by jou vriende, familie en werkskollegas om dapper vrede deur jou lewe aan hulle te vertoon.

Jy het meer invloed as wat jy besef deur die manier hoe jy praat, wat jy op sosiale media plaas en waaraan jy kies om te dink. 

Op hierdie tydstip het jou dapper vrede die potensiaal om koppe te laat draai en vir mense te laat vrae vra oor hierdie vrede wat jy het te midde van 'n wêreld vol chaos en vrees. Vrede is aantreklik en druis in teen die norm van ons wêreldkultuur.

Dapper vrede is 'n aansteeklike vrede.

Nadat Jesus die vrou in Lukas 8 genees het, reageer Hy deur vir haar te sê: "Gaan in vrede." 

In die Joodse kultuur was die uitdrukking "gaan in vrede" 'n algemene vorm van groet. Dit het amper dieselfde betekenis gehad as "sien jou weer". Toe Jesus egter hierdie drie woorde geuiter het, het dit alles verander. 

Dit was 'n opdrag om haar vrede as 'n getuienis te gebruik. 

Jesus wil nie net ons siektetoestand genees nie, Hy wil aan ons die geskenk van vrede gee — 'n dapper vrede. 

Deur die loop van hierdie leesplan het jy gestoei met bekommernis, beheer oorgegee en begin om jou bekommernisse te omskep in gebede.  

God se onsigbare werk ín jou berei jou voor vir sy sigbare werk déúr jou. 

Vrede is meer aansteeklik as wat jy besef. 

——

Dankie dat jy hierdie leesplan gelees het. Ek wil jou opreg bedank dat jy jou daartoe verbind het om dit te voltooi. Dankie dat ek die voorreg kon hê om in jou stiltetyd hierdie pad saam met jou te stap.


Vraag:

Wie ken jy met wie jy jou getuienis kan deel en wat bemoedig kan word om vir Jesus in hul huidige lewenstydperk te vertrou?


Gebed:

Liewe Vader. Dankie vir u ongelooflike vrede wat alle verstand te bowe gaan. Mag dit vandag my hart en my gedagtes bewaar. Maak my oë oop vir diegene wat ek kan bemoedig en wat u vrede in hierdie tydperk nodig het. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Courageous Peace

Hierdie 6-dag leesplan ondersoek hoe ons in chaos ware vrede kan vind, of dit nou is omdat ons met rustelose gedagtes wroeg of omdat ons in 'n rustelose wêreld leef. God se onsigbare werk ín jou, is besig om jou voor te berei vir sy sigbare werk déúr jou. Vrede is meer aansteeklik as wat jy besef. Rob Stanmore is die Pastoor vir die jong volwassenes ("Powerhouse") op die Hills Kampus by Hillsong Kerk.

More

Ons wil vir Powerhouse Hills bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.instagram.com/robstanmore