Dapper VredeVoorbeeld

Courageous Peace

DAG 3 VAN 6

DAG 3 — Om Vlieërs te midde van Chaos te Vlieg

Toe ek 'n kind was, was ek totaal deur vlieërs bekoor. 

Ek sou die tou afrol en die hoogte van die vlieër in verskillende winde uittoets. Dit sou byna soos 'n raaisel wees wat ek wou oplos. Hoeveel tou moes ek die wind gee en hoe hoog sou die vlieër styg?

Ek het begin ontdek dat, hoe meer tou ek die wind gee, hoe hoër sou die vlieër vlieg. Alhoewel ek minder beheer sou hê, sou die vlieër nog groter hoogtes bereik.

Dit maak 'n mens nederig wanneer jy jou beheer aan 'n hoër mag as jyself toevertrou.  

C.S. Lewis skryf in "Mere Christianity: “Waarna sal jy jou vir hulp wend as jy jouself nie tot iets sterker as jyself wil wend nie?”  

Ek wil jou vandag aanmoedig om vir God te vertrou met die dinge wat chaos in jou lewe veroorsaak, eerder as om te probeer om dit self onder beheer te kry. 

Sy weë is hoër as ons weë. Ons kan die keuse maak om beheer oor te gee in die wete dat sy manier baie beter is as ons idee van hoe dinge sou uitwerk. 

Ons kan kies om ons beheer, soos 'n vlieër, aan die wind oor te gee. Nog beter: in plaas van die wind, wat gedurig van rigting verander, kan ons ons hoop eerder in God plaas, wat standvastig is en nooit verander nie.   

Dapper vrede is die oortuiging dat ek nie in myself vrede kan vind nie, maar wel in Jesus. Deur te kies om my vertroue in Jesus te plaas, plaas ek my vertroue in 'n standvastige bron van vrede.

Dawid was ongelooflik kwesbaar toe hy die psalms geskryf het. As 'n mens die psalms lees, vind jy dat hy worstel met ontmoediging en eensaamheid en binne oomblikke oorgaan na die verklaring van hoop met 'n allesoorheersende vreugde. Dawid het baie emosies in die psalms aangespreek waarmee ons onsself vandag nog kan vereenselwig. 

Hy skryf 'n verstommende verklaring van oorgawe wat ons kan help in die verwoording van ons gebede wanneer ons totale beheer aan God wil oorgee: 

“My tye is in u hand ...” (Psalm 31:16).

Ek wil jou vandag aanmoedig om dít wat jy probeer beheer, aan God oor te gee. Vertrou Hom met jou hier en nou.


Vrae:

(1) Watter area in jou lewe het jy probeer om self te beheer? 

(2) Hoe kan jy vandag beheer oor hierdie area aan God oorgee? 


Gebed:

Liewe Vader. My tye is in u hand. Ek is jammer dat ek probeer om dit self te doen. Ek erken dat u weë hoër as my eie is en ek kies om U in hierdie tydperk te vertrou. In die Naam van Jesus. Amen.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Courageous Peace

Hierdie 6-dag leesplan ondersoek hoe ons in chaos ware vrede kan vind, of dit nou is omdat ons met rustelose gedagtes wroeg of omdat ons in 'n rustelose wêreld leef. God se onsigbare werk ín jou, is besig om jou voor te berei vir sy sigbare werk déúr jou. Vrede is meer aansteeklik as wat jy besef. Rob Stanmore is die Pastoor vir die jong volwassenes ("Powerhouse") op die Hills Kampus by Hillsong Kerk.

More

Ons wil vir Powerhouse Hills bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.instagram.com/robstanmore