Dapper VredeVoorbeeld

Courageous Peace

DAG 5 VAN 6

DAG 5 — Omskep Jou Bekommernis in Gebed

"Om jou te bekommer, beteken dat jy môre se vrag met vandag se krag dra — jy dra twee dae op 'n slag. Jy beweeg voor die tyd na môre toe. Bekommernis haal nie die hartseer uit môre uit nie, maar dit haal die krag uit vandag uit." — Corrie Ten Boom 

Ek is geneig om te veel oor alles te dink. Ek sal elke moontlike uitkoms deurdink, nog voordat dit gebeur het én dit dan soos 'n fliek oor en oor bekyk.  

Ek onthou hoe ek uitgedaag is toe ek vir Rick Warren jare gelede hoor sê het: "Bekommernis is ateïsme in praktyk." Wat 'n uitdagende gedagte! 

Bekommernis probeer om ons fokus van vandag af te haal en dit op die toekoms te rig — altyd in die gedaante van die slegste moontlike uitkoms. 

Ek hou baie van Filippense 4:6 soos dit in Die Boodskap staan: 

"Moenie oor dinge sit en tob of jou bekommer nie. Gaan praat met God daaroor. Bespreek dit met Hom. Vertel Hom hoe jy daaroor voel ..."

Dapper vrede is 'n oortuiging wat sê dat, ongeag wat met my gebeur, ek het die kans om my vertroue in God te verdiep. Ek kan my bekommernisse in gebede omskep en sy ware vrede toelaat om in my hart en my gedagtes plek in te neem. 

Ek wil jou aanmoedig om te gaan kyk na die bekommernisse wat tans in jou lewe is en te ondersoek hoe jy hulle in gebede kan omskep.  

God wil nie die "perfekte weergawe" van jou hê nie, Hy wil die "regte jy" hê — bekommernisse en al. 

Hy kan die bekommernis in jou lewe verruil vir sy ware vrede. 

Bekommernis probeer om ons fokus van ons vertroue in God af te haal en dit op ons innerlike gevoelens te plaas. Wanneer ons aan bekommernis gehoor gee, ontneem ons die hede van sy potensiaal. 

Vandag is 'n geleentheid om ons bekommernisse oor te gee en in gebede te omskep. 


Vrae:

(1) Wat is gewoonlik jou eerste reaksie wanneer jy begin om jou te bekommer? 

(2) Watter gewoonte kan jy in jou dag inbou om jou te help om jou bekommernisse in gebede te omskep? 


Gebed:

Hierdie is jou geleentheid om jou bekommernisse in gebed te omskep.

Om jou aan die gang te kry:

“Vader, ek is bekommerd oor ______, maar ek kies om my vertroue in U te stel dat hierdie vir my ten goede sal meewerk. Vul my vandag met u vrede. In die Naam van Jesus. Amen."

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Courageous Peace

Hierdie 6-dag leesplan ondersoek hoe ons in chaos ware vrede kan vind, of dit nou is omdat ons met rustelose gedagtes wroeg of omdat ons in 'n rustelose wêreld leef. God se onsigbare werk ín jou, is besig om jou voor te berei vir sy sigbare werk déúr jou. Vrede is meer aansteeklik as wat jy besef. Rob Stanmore is die Pastoor vir die jong volwassenes ("Powerhouse") op die Hills Kampus by Hillsong Kerk.

More

Ons wil vir Powerhouse Hills bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.instagram.com/robstanmore