21-Dae van Gebed vir Vriende Voorbeeld
Gebedsgids
Johannes 4:13-14
"Maar Jesus antwoord haar: 'Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom 'n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.'"
Gebed:
Vader, net U kan die diepste behoefte in ons lewens bevredig. Jesus, dankie dat U aan die kruis gesterf het, sodat ons nie meer dors hoef te wees nie. Ek bid vir _______________________, dat hy/sy sal besef dat niks in hierdie wêreld sy/haar verlange, begeertes of diepste honger kan bevredig nie. Mag _______________________ die lewende water proe wat U gee, en daardeur versadig word. Ek bid dat die evangelie diep sal wortel skiet in sy/haar hart en 'n ewige fontein van lewe, vreugde en vrede sal word.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dis dikwels vir ons moeilik om die evangelie met vriende te deel. Ons word óf deur vrees oorweldig, óf weet nie wat om te deel nie. Ons het almal 'n sielelas nodig om ons verlore vriende vir Christus te bereik. Hierdie is 'n 21-dae oordenking wat ons help om spesifiek na te dink oor Skrifgedeeltes wat verband hou met evangelisasie, en dit gaan gepaard met 'n kort gebed vir elke dag.
More