21-Dae van Gebed vir Vriende Voorbeeld
![21-Days of Praying for Friends](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F18540%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Gebedsgids
Johannes 3:3
"Daarop sê Jesus vir hom: 'Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.'"
Gebed:
Vader, dankie dat U vir ons 'n manier gee om in u koninkryk in te gaan. Ek bid vir _______________________, dat hy/sy sal begryp wat dit beteken om wedergebore te word. Maak sy/haar hart en verstand ontvanklik vir die werklikheid van sy/haar eie geestelike dood en verlorenheid. Mag _______________________ verstaan wat dit beteken om wedergebore te word en te glo wat Jesus vir hom/haar aan die kruis gedoen het. Ek bid dat hy/sy nie meer afhanklik sal wees van sy/haar eie geregtigheid en goeie werke nie, maar ten volle sal staatmaak op Jesus, as die Een wat red.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![21-Days of Praying for Friends](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F18540%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Dis dikwels vir ons moeilik om die evangelie met vriende te deel. Ons word óf deur vrees oorweldig, óf weet nie wat om te deel nie. Ons het almal 'n sielelas nodig om ons verlore vriende vir Christus te bereik. Hierdie is 'n 21-dae oordenking wat ons help om spesifiek na te dink oor Skrifgedeeltes wat verband hou met evangelisasie, en dit gaan gepaard met 'n kort gebed vir elke dag.
More