21-Dae van Gebed vir Vriende Voorbeeld

21-Days of Praying for Friends

DAG 5 VAN 21

Gebedsgids

Johannes 14:6

"Jesus het vir hom gesê: 'Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.'"

Gebed:

Vader, U is die weg, die waarheid en die lewe. Niemand kan gered word sonder U nie. Ek bid dat _______________________ sal verstaan dat daar geen waarheid behalwe Christus is nie en dat daar geen weg is behalwe die een wat U aanbied nie. Lei _______________________ na u waarheid en lewe, deur middel van die mense en omstandighede in sy/haar lewe. Gee my die vrymoedigheid om die waarheid met _______________________ te deel en die evangelie op 'n duidelike, vriendelike en nederige manier voor te hou, wanneer die geleentheid hom voordoen. 

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

21-Days of Praying for Friends

Dis dikwels vir ons moeilik om die evangelie met vriende te deel. Ons word óf deur vrees oorweldig, óf weet nie wat om te deel nie. Ons het almal 'n sielelas nodig om ons verlore vriende vir Christus te bereik. Hierdie is 'n 21-dae oordenking wat ons help om spesifiek na te dink oor Skrifgedeeltes wat verband hou met evangelisasie, en dit gaan gepaard met 'n kort gebed vir elke dag.

More

Ons wil graag New City Delhi bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek: http://www.newcitydelhi.com