21-Dae van Gebed vir Vriende Voorbeeld
Gebedsgids
Esegiël 11:19-20
"Ek sal hulle 'n ander hart gee en 'n nuwe gees onder hulle laat posvat, Ek sal die kliphart uit hulle liggaam verwyder en hulle 'n hart van vleis gee. Dan sal hulle volgens my voorskrifte leef en my bepalings nakom en daarvolgens optree. Hulle sal my volk wees, en Ek sal hulle God wees."
Gebed:
Vader, net U kan vir ons 'n nuwe hart gee. Ek bid dat _______________________ eendag 'n nuwe hart en u Gees sal hê. Verander sy/haar hart. Gee hom/haar die genade om u Woord te aanvaar en in Christus te glo. Niks is vir U onmoontlik nie. Ek bid dat ___________________ U eendag met sy/haar hele hart sal volg en net vir U sal aanbid.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dis dikwels vir ons moeilik om die evangelie met vriende te deel. Ons word óf deur vrees oorweldig, óf weet nie wat om te deel nie. Ons het almal 'n sielelas nodig om ons verlore vriende vir Christus te bereik. Hierdie is 'n 21-dae oordenking wat ons help om spesifiek na te dink oor Skrifgedeeltes wat verband hou met evangelisasie, en dit gaan gepaard met 'n kort gebed vir elke dag.
More