21-Dae van Gebed vir Vriende Voorbeeld

21-Days of Praying for Friends

DAG 8 VAN 21

Gebedsgids

Handelinge 16:14

"Een van dié wat geluister het, was 'n vrou met die naam Lidia, wat die Joodse geloof aangeneem het. Sy het handel gedrywe met pers wolmateriaal en was van Tiatira afkomstig. Die Here het haar vir Paulus se woorde ontvanklik gemaak."

Gebed:

Vader, wat 'n vreugde is dit om te sien dat Lidia Christus ontvang het. Ek bid dat _______________________ se hart sal oopgaan om op die evangelie te reageer. Gee _______________________ 'n oop hart en verstand om sy/haar eie sonde te erken en te aanvaar dat hy/sy Christus se redding nodig het. Ek bid dat U my hart ontvanklik sal maak om 'n las te hê om die evangelie te deel wanneer die geleentheid hom voordoen. Gee my geduld, goedgesindheid en liefde, terwyl ek biddende wag vir 'n gulde geleentheid.

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

21-Days of Praying for Friends

Dis dikwels vir ons moeilik om die evangelie met vriende te deel. Ons word óf deur vrees oorweldig, óf weet nie wat om te deel nie. Ons het almal 'n sielelas nodig om ons verlore vriende vir Christus te bereik. Hierdie is 'n 21-dae oordenking wat ons help om spesifiek na te dink oor Skrifgedeeltes wat verband hou met evangelisasie, en dit gaan gepaard met 'n kort gebed vir elke dag.

More

Ons wil graag New City Delhi bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek: http://www.newcitydelhi.com