21-Dae van Gebed vir Vriende Voorbeeld
Gebedsgids
Johannes 10:8-11
"Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie. Ek is die ingang; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word. Hy sal in en uit gaan en weiding kry. 'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape."
Gebed:
Vader, ek sien hoe die bose my vriende beroof en hul lewens verwoes. Ek bid vir _______________________, dat hy/sy die stem van Jesus, die goeie herder, sal hoor. Ek bid dat _______________________ nie meer onder die vernietigende invloed van valse skaapwagters in hierdie wêreld sal wees nie, maar eerder die ewige weiveld deur die ingang, Jesus Christus, sal binnegaan. Ek bid dat _______________________ eendag die lewe in sy volheid sal geniet en Jesus aanvaar, wat sy lewe vir hom/haar neergelê het.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dis dikwels vir ons moeilik om die evangelie met vriende te deel. Ons word óf deur vrees oorweldig, óf weet nie wat om te deel nie. Ons het almal 'n sielelas nodig om ons verlore vriende vir Christus te bereik. Hierdie is 'n 21-dae oordenking wat ons help om spesifiek na te dink oor Skrifgedeeltes wat verband hou met evangelisasie, en dit gaan gepaard met 'n kort gebed vir elke dag.
More