Jesus is Lewe — 'n Studie oor die Boek JohannesVoorbeeld
![Jesus Is Life](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F16469%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Nikodemus in die Nag
Het jy al ooit 'n plasing op sosiale media gesien wat jou laat wonder het hoe jy deel daarvan kan wees? Miskien is jy nie op die oomblik nie, maar wil jy graag in 'n sekere vriendekring wees. Miskien wil jy gaan vakansie hou by daardie plek wat jou vriend geplaas het, maar jy sit by die huis op jou rusbank. Ken jy daardie gevoel wat jy kry wanneer jy eintlik angstig word omdat jy dinge misloop?
Vandag ontmoet ons iemand wat waarskynlik sy regmatige deel van "dinge misloop" gehad het — Nikodemus.
Nikodemus was 'n invloedryke Fariseër en lid van die Joodse regerende raad. Dit het beteken dat hy 'n baie gerespekteerde godsdienstige leier was en 'n kenner van die wet.
Jesus en sy dissipels het nuuskierigheid aangewakker met hulle diepgaande onderrig en wonderwerke, wat waarskynlik ook Nikodemus se belangstelling geprikkel het. Omdat die Fariseërs in stryd met Jesus was, kon dit vir Nikodemus gevaarlik wees om Hom te besoek. Om sy lewe en sy reputasie te beskerm, wou Nikodemus Jesus privaat ontmoet, en daarom het hy in die nag na Jesus toe gegaan.
Ek glo sy versigtige benadering van Jesus openbaar sy angstigheid om iets mis te loop. Hy het dalk gedink: "Mis ek op iets uit? Kan hierdie Jesus werklik van God wees? Moet ek eerder in sy groep wees as by die Fariseërs? Ek wil nie 'n buitestander wees wat in môre se nuus oor Jesus lees nie! Ek wil deel wees!"
Hierdie een ontmoeting met Jesus is al wat dit van Nikodemus geverg het om spanne te ruil van die godsdienstige groep af en 'n geheime dissipel van Jesus te word. Hoe weet ons dit? In Johannes 7:50-51 het hy Jesus teen die Sanhedrin (die godsdienstige heersers van die dag) verdedig. Na Jesus se kruisiging, lees ons in Johannes 19:39 dat Nikodemus sonder huiwering sy geloof uitgeleef het deur openlik in die openbaar duur speserye te gaan koop om Jesus se liggaam te help voorberei vir die graf.
Daardie geliefde vir wie jy bid, is net een ontmoeting met Jesus, een wonderwerk of een liefdesdaad weg daarvan om Jesus soos Nikodemus te leer ken. Susters, mag so 'n angstigheid dat iemand Jesus dalk misloop, ons tot aksie laat oorgaan, deur met vrymoedigheid vir sulkes in ons lewens te bid. Om hulle wat nog nie die hoop ken wat Jesus bied nie, lief te hê en te dien.
Nadenke:
Wat dink jy het Nikodemus in Jesus gesien wat sy nuuskierigheid aangewakker het om Hom te ontmoet?
Op watter maniere kan jy in jou geloof vrymoedig wees?
Wie in jou lewe ken nog nie vir Jesus nie? Hoe kan jy die hoop wat ons in Jesus het, in liefde met hulle deel?
Gebed:
Vader, gee my die selfvertroue om my geloof in die openbaar met ander te deel. Ek kies om u waarheid met vrymoedigheid te deel, en liefde te gee, soos U.
*Hou aan met die goeie werk in jou Jesus Is … joernaal!
Aangaande hierdie leesplan
![Jesus Is Life](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F16469%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Ons kan waarlik die oorvloedige en vol lewe ervaar wat Jesus ons gee! Ons doelwit met "Jesus Is Lewe", is om dieper in ons geloof, vertroue en liefde vir Christus Jesus, ons Verlosser te groei. In hierdie 25-dag leesplan van Amy Groeschel, sal ons die eerste vier hoofstukke in die boek Johannes verken om te ontdek dat Jesus lewe is — en daardie waarheid verander alles.
More