Jesus is Lewe — 'n Studie oor die Boek JohannesVoorbeeld

Jesus Is Life

DAG 20 VAN 25

Jesus is die Goeie Nuus

Hier is die slegte nuus: Sonder Jesus, is ons almal skuldig. Daar is niks wat ons op ons eie kan doen om onsself te red nie. Selfs wanneer dit in ons lewens goed gaan, is ons sonder Christus steeds dood. Dank God egter, ons het baie goeie nuus!  

Wat is hierdie "goeie nuus"? Kan jy dit in 'n neutedop aan iemand beskryf? By Life.Church, doen pastoor Craig Groeschel dit elke week besonder goed. Ons behoort almal as volgelinge van Christus, die goeie nuus van Jesus enige tyd met enige iemand te kan deel. 

Trouens, Johannes 3 is een van die beste hulpmiddels wat ons het om die goeie nuus mee te deel. Dit is een van die mees fundamentele boodskappe in die Bybel — ons moet wedergebore word. Ons is almal sondaars, maar God het sy Seun, Jesus, vir ons gestuur en Jesus is die enigste weg na God. 

Johannes 14:6 sê dat Jesus “die weg” is. Voordat Jesus vir ons sondes gesterf het, is die Ou Testamentiese mense nie gered deur hulle werke nie, maar deur dieselfde geloof wat ons vandag het. Hulle geloof was egter in die belofte van Jesus wat sou kom. Die belofte van Jesus se koms, is vir ons vervul, dus het ons iets nog beters. Jesus het ons 'n deel van Homself gegee wat in ons woon — die Heilige Gees! 

Jesus het ons ook gelaat met die sendingopdrag – die sending om die wêreld van ons wonderlike Verlosser, Jesus, te gaan vertel (Matteus 28:16-20)! As jy nie verstaan wat Jesus gedoen het of hoe om hierdie goeie nuus te deel nie, dan kan jy nie jou hoofdoel op hierdie aarde bereik nie. 

Kom ons kyk na die verhaal van Barabbas. Hy was 'n "berugte gevangene" en gevreesde misdadiger. Hy het die dood verdien, maar mense het geëis dat Barabbas vrygelaat word sodat Jesus, die onskuldige, sondelose, vlekkelose Lam van God, in sy plek gekruisig sou word! Dit is die goeie nuus! Die ironie was dat die mense nie eens geweet het dat hulle 'n lewende voorbeeld van die goeie nuus geëis het nie. 

Jy is Barabbas. Sonde het jou van God geskei, maar Jesus het jou plek ingeneem. Jy het die dood verdien, maar Hy het aan jou oorvloedige lewe gegee. Al wat jy hoef te doen om gered te word, is om in Jesus Christus te glo en sy geskenk van die ewige lewe te ontvang. Wanneer jy sy liefde in jou lewe ontvang, sal die Heilige Gees sy tuiste in jou maak, jou lei, jou help en jou beste Vriend wees.

Sal jy leer hoe om dapper hierdie goeie nuus met ander te deel? Vra vir God om aan jou die woorde te gee, en wees bereid om die sendingopdrag jou lewe se hoofdoel te maak — om een mens te bereik en te vertel van die hoop wat ons in Christus het. 

Nadenke: 

Hoe vol vertroue is jy in jou vermoë om die goeie nuus te deel? Hoe kan jy meer selfvertroue kry om dit met ander te deel? 

Gebed: 

Vader, ek is gewillig. Help my om die goeie nuus in my eie lewe te ken sodat ek dit in vrymoedigheid met mense kan deel wat sonder U leef! Vader, ek sal enigiets doen, behalwe sonde, om mense te lei om ten volle toegewyde volgelinge van Christus te word. Maak my hart sterk vir U. Maak my dapper tot u eer, in die Naam van Jesus! 

*Oefen om die goeie nuus te deel deur jou Jesus Is … joernaal te gebruik. 

Dag 19Dag 21

Aangaande hierdie leesplan

Jesus Is Life

Ons kan waarlik die oorvloedige en vol lewe ervaar wat Jesus ons gee! Ons doelwit met "Jesus Is Lewe", is om dieper in ons geloof, vertroue en liefde vir Christus Jesus, ons Verlosser te groei. In hierdie 25-dag leesplan van Amy Groeschel, sal ons die eerste vier hoofstukke in die boek Johannes verken om te ontdek dat Jesus lewe is — en daardie waarheid verander alles.

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/