Jesus is Lewe — 'n Studie oor die Boek JohannesVoorbeeld
Jesus, Ons Volmaakte Voorbeeld
Jesus se lewe is 'n volmaakte voorbeeld vir ons om na te volg. Hy het 'n lewe van diensbaarheid en volmaakte liefde gelei. 'n Lewe van krag en wysheid. Hy was ten volle afhanklik van sy Vader en het in elke stap met doelgerigtheid gelewe. In vandag se Skriflesing gaan ons kyk na wat Jesus se lewe ons leer.
Jesus het dikwels fisiese voorbeelde gebruik om geestelike werklikhede te illustreer. In Johannes 4:34 verwys Jesus na “voedsel” waarvan sy dissipels nie geweet het nie. Om die wil van sy Vader te doen, vergelyk Hy met voedsel. Waarom sou Jesus hierdie vergelyking gebruik?
Voedsel is noodsaaklik om te lewe. Jesus het waarskynlik die vergelyking getref omdat dit net so belangrik vir ons geestelike lewe is om die wil van God te doen, as die belangrikheid vir ons fisieke lewe om voedsel te eet (indien nie belangriker nie). As ons nie eet nie, word ons liggaamlik swak. As ons nie in gehoorsaamheid lewe aan dit waarvoor God ons roep nie, word ons geestelik swak en uitgeput.
Wat sal dus jou “voedsel” wees?
Wanneer jy soggens wakker word, moet jy jou hart voorberei. Praat met God en dra jou dag aan Hom op. Jy kan jou hemelse Vader elke dag dien deur elke persoon wat jou pad kruis, in bedagsaamheid lief te hê. Vra Hom om jou na plekke en mense te lei sodat jy die liefde van Christus kan deel. Vertrou die Heilige Gees om jou te lei. Soos jy nader aan die hart van God kom, sal jy net soos Jesus, vind dat jou fokus skuif na die vervulling van die goeie werke waarvoor Hy jou geroep het.
Nadenke:
Hoekom dink jy het die dissipels nooit vir Jesus gevra waarom Hy met 'n vrou praat nie?
Watter boodskap stuur Jesus deur met 'n Samaritaanse vrou te praat? Wat beteken dit vir jou?
Wie is jy geneig om te vermy en nie in gesprek mee te tree nie? Wees eerlik. Hoekom nie?
Wat is jou voedsel — dinge waarvoor jy voel God jou roep om te doen? Hoe kan jy daarmee begin?
Gebed:
Liefdevolle Vader, ek wy my hele lewe aan U! Ek kies om ander elke dag met vreugde te dien. Gebruik elke hulpbron en talent wat U my gegee het om u wil te doen. Mag ek u doelwitte vir my vervul en almal liefhê wat U my pad laat kruis.
*Moenie vergeet om voluit te eindig met jou Jesus Is … joernaal nie!
Aangaande hierdie leesplan
Ons kan waarlik die oorvloedige en vol lewe ervaar wat Jesus ons gee! Ons doelwit met "Jesus Is Lewe", is om dieper in ons geloof, vertroue en liefde vir Christus Jesus, ons Verlosser te groei. In hierdie 25-dag leesplan van Amy Groeschel, sal ons die eerste vier hoofstukke in die boek Johannes verken om te ontdek dat Jesus lewe is — en daardie waarheid verander alles.
More