Jesus is Lewe — 'n Studie oor die Boek JohannesVoorbeeld
Jesus, die Lewende Water
Ons kry 'n pragtige prentjie van Jesus in Johannes 4:1-15. Na 'n lang staptog van Judea af, rus Jesus moeg en gedaan by 'n put. Dan kom 'n Samaritaanse vrou alleen aangestap om water te skep. Alhoewel die verhaal hier redelik eenvoudig lyk, is daar 'n paar belangrike kulturele insigte om in aanmerking te neem.
Wanneer ’n vrou alleen in die middel van die dag by ’n put aankom, spreek dit boekdele oor haar. 'n Dorpsput is gewoonlik 'n bestemming teen sonsondergang. Haar alleenheid beteken heel waarskynlik dat die Samaritaanse vrou verwerping deur baie in haar gemeenskap ervaar het. Hier doen Jesus, wat 'n Jood was en sy 'n Samaritaan en 'n vrou, die ondenkbare. Jesus begin nie net om met haar te praat nie, maar voer 'n betekenisvolle, broodnodige gesprek met haar.
Stel jou voor dat jou gemeenskap op jou neersien, jou ignoreer, en in wat na 'n doodgewone dag gelyk het, gee hierdie vriendelike man erkenning aan jou. Haar reaksie? Algehele verbasing. Die vrou het Jesus se goedhartigheid bevraagteken en Hom aan haar etnisiteit herinner. Sy het na sosiale vooroordele en die wet verwys. Ons geliefde Verlosser het egter sy hart van genade geopenbaar. Jesus het vir haar 'n geskenk aangebied wat onmoontlik is om te weier — lewende water! Water van oneindige vervulling.
In die Bybel simboliseer water die reiniging van sonde (Hebreërs 10:22). Jesus is die Lewende Water! Jesus het aangebied om die Samaritaanse vrou van haar sondes te reinig en haar 'n geleentheid gegee om 'n nuwe lewe met Christus te begin.
Het jy al die pyn van verwerping, teleurstelling of eensaamheid gevoel? Kyk jy soms na die wêreld om jou om die dors in jou siel te les? Wanneer ons dit doen, voel ons lewens uiteindelik soos 'n droë, dorre woestyn. Jesus wil hê ons moet na Hom toe kom — die ware lewende water! Sy Gees is soos 'n vars fontein van lewe in ons, wat die gawes van vreugde, vrede en tevredenheid gee.
Die lewende water binne jou bemagtig jou om 'n lewe te lei wat herskep is! Jy kan vry van sonde leef en as gevolg van Christus se goedhartigheid, 'n oorvloedige lewe ervaar.
Nadenke:
Hoekom dink jy was Jesus bereid om met die Samaritaanse vrou te praat?
Wanneer jy aan water dink, wat kom by jou op? Hoe is water noodsaaklik vir lewe?
Wat dink jy het Jesus bedoel deur te sê Hy kan "lewende water" gee?
Gebed:
Vader, les U alleen die dors in my siel! Laat asseblief u lewende water in my toe om met oorvloedige lewe te vloei. Ek gee vandag my woorde, dade en gedagtes aan U oor. Mag alles wat ek doen oorloop van u lewende water binne my.
*Terwyl ons nou die einde van hierdie leesplan nader, hou vol met jou Jesus Is … joernaal en dink na oor wat jy tot dusver geleer het.
Aangaande hierdie leesplan
Ons kan waarlik die oorvloedige en vol lewe ervaar wat Jesus ons gee! Ons doelwit met "Jesus Is Lewe", is om dieper in ons geloof, vertroue en liefde vir Christus Jesus, ons Verlosser te groei. In hierdie 25-dag leesplan van Amy Groeschel, sal ons die eerste vier hoofstukke in die boek Johannes verken om te ontdek dat Jesus lewe is — en daardie waarheid verander alles.
More