Jesus is Lewe — 'n Studie oor die Boek JohannesVoorbeeld
So Lief Het God Die Wêreld Gehad
Johannes 3:16 is een van die bekendste verse in die Christendom en om 'n goeie rede! Wat dit nog meer spesiaal maak, is om die samehang van daardie vers te verstaan. Jesus het met Nikodemus, 'n lid van die Fariseërs en Joodse Raad, gepraat. Fariseërs was soos polisiebeamptes of regters omdat hulle mense se gedrag volgens die wet beoordeel het om toe te sien dat dit "regverdig” was. Verstaan jy — Fariseër?
Dit was die Fariseërs wat 'n vrou wat in die daad van egbreek betrap is, na Jesus gebring het. Hulle het verwag dat Hy haar gaan betig en straf, maar tot hulle skaamte en afkeur het Hy haar genade en vergifnis geskenk.
Jesus het gereageer deur te verduidelik hoekom die Joodse Raad Hom haat en probeer uitvang. Dit was omdat hulle alreeds geweet het dat hulle pad nie meer die regte weg was nie. Sondige dade en harte verkies om verberg te bly. Donkerte haat die Lig.
Terug by Nikodemus. Hy het heel waarskynlik ook gedink deur die wet te onderhou, moet jy sondige mense straf wat hom voor God regverdig sal maak. Dit is interessant dat Jesus in Johannes 3:16-17 oor Nikodemus se veroordelende hart praat deur te sê dat God Hom nie gestuur het om die wêreld te veroordeel nie, maar te red.
Ondersoek jou hart. Sluip jy ook rond en probeer om jou sonde, oortredings en veroordelende houding weg te steek? Dit werk nie. God weet daarvan. Dit weerhou jou net daarvan om in die oorvloedige lewe te leef waarvoor Jesus moes sterf sodat jy dit kan ontvang! Laat dit vaar. Kom na Jesus en God sal jou versterk.
God se goedheid bring mense terug in God se familie en nie in veroordeling en afrekening nie, juis omdat mense weet hulle is klaar veroordeel. Hulle weet hulle is verkeerd — nie waar nie?
Johannes 16:8 sê dat die Heilige Gees kom om die wêreld van sonde te oortuig. Hier is die woord sonde in enkelvoud en verwys na die sonde om nie in Jesus te glo en Hom te ontvang nie. Dit verwys nie na die sonde van hul swak of verkeerde keuses en gedrag nie. Jesus het sy lewe vir die hele wêreld gegee. Hy het die probleem met sonde kom afhandel.
Al God se toorn is op Jesus gerig. Hy het jou plek en die plek van die sondigste mens wat jy ken op Hom geneem! Ten spyte daarvan sal mense nog steeds vir ewig van Jesus geskei wees indien hulle nie glo dat Hy hulle plek ingeneem het nie. Dit is hoekom ons voortgaan om die liefde van God aan die mense te bewys wat nog nie vir Jesus ken nie. Hierdeur kan hulle die liefde van God in ons sien en ook 'n verhouding met Hom vind.
Nadenke:
Wat dink jy het die Fariseërs gemotiveer? Wat sal ons motiveer om iemand se sonde uit te wys?
Wie het jy veroordeel aan wie jy vriendelikheid en liefde moes betoon het?
Hoe kan jy genade en vriendelikheid aan mense in jou lewe bewys, selfs wanneer dit nie maklik is nie?
Gebed:
Vader leer my hoe om lief te hê en vriendelikheid aan ander te bewys, selfs dié wat ek nie verstaan nie. Ek wil U beter leer ken en u hart openbaar aan almal wat ek ontmoet. Ek kan dit egter nie doen sonder die volle ervaring van u liefde vir my nie. Dankie dat U in my plek kom staan het. Ek ontvang dit — ek ontvang u liefde.
*Kon jy bybly met jou Jesus Is … joernaal? Hou aan! Dit sal 'n goeie bron van nadenke wees.
Aangaande hierdie leesplan
Ons kan waarlik die oorvloedige en vol lewe ervaar wat Jesus ons gee! Ons doelwit met "Jesus Is Lewe", is om dieper in ons geloof, vertroue en liefde vir Christus Jesus, ons Verlosser te groei. In hierdie 25-dag leesplan van Amy Groeschel, sal ons die eerste vier hoofstukke in die boek Johannes verken om te ontdek dat Jesus lewe is — en daardie waarheid verander alles.
More