Jesus is Lewe — 'n Studie oor die Boek JohannesVoorbeeld

Jesus Is Life

DAG 15 VAN 25

'n Huis van Aanbidding 

In plaas daarvan om God se opdrag te gehoorsaam deur 'n jaaroud rammetjie sonder gebrek uit hul kuddes skape of bokke te offer (Eksodus 12:5), het mense wat na Jerusalem gereis het, diere by die tempel gekoop. Mense het dus eintlik die tempel in 'n markplein omskep, en soos ons in vandag se leesstuk sal sien, het Jesus in regverdigheid daaroor kwaad geword. 

Hoekom dink jy was dit so? Wat het Jesus gehoop om te sien wanneer Hy by die tempel aankom? 

Jesus het heel moontlik verwag om passievolle lofsange en gebede in sy Vader se huis te hoor. In plaas daarvan het Hy gesien dat die volk van God die tempel in 'n markplein van gemak en korrupsie verander het. Ons sien in Johannes 2:13-17 sy reaksie was om die diere uit die tempel uit te dryf, en Hy het vir die mense gesê hulle maak sy Vader se huis 'n handelshuis, want Jesus se ywer vir God se huis het Hom verteer. 

Dit is die sleutel. In Grieks, skep die woord "ywer" die idee van “oorkook van passie”. 

Ons lees dan verder in 1 Korintiërs 6:19 ons liggame is nou tempels van God, want wanneer ons Jesus volg, leef die Heilige Gees in ons. (Terloops, die woord tempel beteken bloot die plek waar God se teenwoordigheid woon.) 

Suster, die Gees van God leef in jou! Hy is jaloers op jou hele hart. Sy liefde vir jou is geweldig groot. Jy is sy lewende heiligdom, geskep as sy heerlike beeld. Leef jou lewe as 'n tempel van ywerige aanbidding, lofprysing en gebed! 

Nadenke: 

Hoekom dink jy het Jesus so sterk gevoel omdat die mense van die tempel se binnehof 'n markplein gemaak het? 

Met die oog op God se begeerte vir sy tempel (dit is jy, as jy in Jesus glo), hoe dink jy wil Hy hê dat jou aanbidding moet lyk?

In watter areas van jou lewe het jy toegelaat dat gerief voorrang geniet bo 'n ware hart van aanbidding?

Gebed: 

Heilige Vader, ek is in verwondering dat U jaloers is op my hart en aanbidding. Niks kan met u liefde vergelyk word nie! Ek verbind my om u weë ten volle te volg, nie gedeeltelik of halfhartig nie. Ek kies om op U staat te maak en voortdurend met U te praat! Mag alles wat ek doen, sê, dink, bid en voel uit my liefde en aanbidding van U wees! 

*Lees vandag ter nadenke jou Jesus Is …  joernaal. 

Dag 14Dag 16

Aangaande hierdie leesplan

Jesus Is Life

Ons kan waarlik die oorvloedige en vol lewe ervaar wat Jesus ons gee! Ons doelwit met "Jesus Is Lewe", is om dieper in ons geloof, vertroue en liefde vir Christus Jesus, ons Verlosser te groei. In hierdie 25-dag leesplan van Amy Groeschel, sal ons die eerste vier hoofstukke in die boek Johannes verken om te ontdek dat Jesus lewe is — en daardie waarheid verander alles.

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/