Jesus is Lewe — 'n Studie oor die Boek JohannesVoorbeeld
Die Beste Kom Nog
Die diensknegte het die kanne met water gevul, maar toe daaruit geskink word, het die water in die allerbeste wyn verander. Ons mag voordeel trek wanneer God 'n wonderwerk doen, maar sy doel is dat elke wonderwerk Hom sal verheerlik.
Wat het die verandering van water na wyn oor Jesus aangedui?
Eerstens moet ons onthou dat wyn 'n simbool van blydskap is. Wyn word ook beskou as 'n voorstelling van die Heilige Gees.
Hier word dit baie interessant, want Hebreërs 9:22 vertel ons dat daar geen vergifnis sonder die vergieting van bloed plaasvind nie. In Lukas 22:20, gebruik Jesus die wyn om sy bloed te simboliseer. Aanvanklik klink dit vreemd, maar dit beteken: Jesus verwys na sy lewe (sy bloed wat gestort is) sodat ons die ewige lewe saam met Hom kan hê!
Interessant genoeg word die sap van die druiwekorrel "druiwebloed" genoem (sien Deuteronomium 32:14 AFR53). Toevallig? Beslis nie! In die Ou Testament het die water in die Nylrivier wat na bloed verander het, God se oordeel verteenwoordig, terwyl bloed in die Nuwe Testament die middel tot God se genade is.
Susters, let julle op wat Jesus op 'n baie subtiele, maar luide wyse hier verkondig? Die wonderwerk van water wat in wyn verander, was Jesus se manier om te verklaar dat 'n nuwe dag aanbreek! 'n Nuwe en beter verbond was aan die kom wat 'n permanente reiniging sou bring.
Die wyn was tot bo gevul, dit was meer as genoeg, en 'n gratis geskenk! Die wyn was deel van 'n viering. Die wyn was 'n suiwer daad van liefde, genade en vrygewigheid!
Nadenke:
Hoe kan vandag se les jou daaglikse lewe beïnvloed?
Gebed:
Jesus, U is my blydskap en verlossing! Dankie dat U my wanordelike lewe neem en 'n meesterstuk daarvan maak. Ek loof U, heilige Vader, want U het gedoen wat ek nooit vir myself kon doen nie. Heilige Gees, vul my tot bo! U het 'n weg voorsien wat meer as genoeg vir my redding en vryheid is. Ek loof U dat U my deur u bloed heeltemal skoongewas het. Deur U alleen is ek vergewe, rein en sonder skuld!
* Werk jy nog steeds aan jou Jesus Is … joernaal? Hou aan met die goeie werk!
Aangaande hierdie leesplan
Ons kan waarlik die oorvloedige en vol lewe ervaar wat Jesus ons gee! Ons doelwit met "Jesus Is Lewe", is om dieper in ons geloof, vertroue en liefde vir Christus Jesus, ons Verlosser te groei. In hierdie 25-dag leesplan van Amy Groeschel, sal ons die eerste vier hoofstukke in die boek Johannes verken om te ontdek dat Jesus lewe is — en daardie waarheid verander alles.
More