Wat Behels Aanbidding?Voorbeeld

What Does It Mean To Worship?

DAG 5 VAN 7

Ons aanbid deur God te dien.

Dit is onmoontlik om God te dien sonder om mekaar te dien. —Alistair Begg

Dink 'n oomblik daaroor. 

Om God te kan dien, moet ons die mense om ons dien. Hoekom? Want God het niks van ons nodig nie. Hy verlang egter iets vir ons. Dus roep Hy ons om mense te dien. Ons sal nooit van aangesig tot aangesig met mense kom vir wie God nie lief is nie. Dis die mense wat ons moet dien.

Jy wonder dalk wat jy iemand kan bied. God het jou met spesifieke geestelike gawes toegerus, nog voordat jy jou eerste asemteug geneem het. Hy het elkeen van ons gevorm en Hy ken elke ingewikkelde besonderheid van elkeen se wese. Hy het ons gemaak om op 'n sekere manier op te tree, sodat ander deur ons bydrae geseën en bemoedig kan word. Die manier waarop ons dus geskape is, is God-gedrewe en deur God beskik. Dalk is jy: 

  • … 'n entrepreneur wat weet hoe om die mees merkwaardige planne uit te voer. 
  • … op mense ingestel, en weet presies wat om te sê om iemand in nood te vertroos. 
  • … iemand wat agter die skerms werk, en altyd seker maak dat dinge gedoen word, selfs al sien niemand dit raak nie. 
  • … 'n gasvrye persoon wat weet hoe om 'n vertrek gesellig te maak en mense te kalmeer.
  • … 'n uitsonderlike skrywer wat waarhede oor God kan oordra, sodat ander Hom beter kan verstaan. 

Of jy nou op 'n verhoog voor honderde mense staan, 'n vriend vir koffie ontmoet, 'n rol speel in die menslike hulpbronne afdeling van 'n maatskappy, of die kinders van die saamryklub by die skool oplaai, dit is hoe jy God dien. Ons gebruik dalk ons geestelike gawes om medegelowiges te beïnvloed, of ons doen maar net ons dagtakies: om ons aardse verantwoordelikhede na te kom, is ons manier om God te dien. Dis hoe eenvoudig dit is. Hoekom? Weer eens, dit gaan nie soseer oor dit wat ons doen nie, maar oor wat in ons harte aangaan. Dis nie wat ons doen nie …maar hoekom ons dit doen

Ons dien God om Hom te verheerlik. Wat dit ook al behels en hoe ons ook al in staat is om dit te doen, ons kan God dien deur ander te dien. Kom ons verbind onsself om met ons gawes, vermoëns en eienskappe 'n verskil te maak aan die liggaam van Christus. Dit hoef nie 'n voltydse werk te wees nie, dit moet net ons voltydse roeping wees. 

Oordink

  • Lees Psalm 103 en verklaar dit aan God soos jy dit lees. 
  • Dink na oor die gawes wat God vir jou gegee het. Hoe dink jy is die beste manier om dit te gebruik om God te dien?
  • Kies een ding wat jy vandag wil doen om iemand te dien, en offer dit aan God as jou daad van geestelike aanbidding.
  • Skryf enige openbaring neer wat God aan jou gegee het tydens vandag se Skriflesing en oordenking.
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

What Does It Mean To Worship?

Ons harte neig tot aanbidding. As volgelinge van Christus is ons deur God geskape om Hom te aanbid. Ons is egter geneig om ons bewondering en trou aan mense en dinge te gee, eerder as aan God. Kom saam met ons op hierdie reis en delf dieper in wat aanbidding is en hoe ons 'n leefstyl kan kweek om God ons eerste prioriteit te maak.

More

Hierdie oorspronklike Leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.