Wat Behels Aanbidding?Voorbeeld
Ons aanbid deur God te vertrou.
Jy hoef nooit bang te wees om 'n onbekende toekoms aan 'n bekende God toe te vertrou nie. —Corrie ten Boom
Ons vertrou so baie dinge elke dag van ons lewens.
Ons vertrou dat die stoel waarop ons sit, ons sal dra.
Ons vertrou dat die kos wat ons eet, ons nie siek sal maak nie.
Ons vertrou dat die internetsein sterk genoeg sal wees wanneer ons dit nodig het.
Ons weet hoé om te vertrou. Om ons vertroue in sigbare dinge te plaas, blyk relatief maklik te wees. Ons plaas egter nie altyd ons vertroue in die regte dinge nie.
Wat as ons, in plaas daarvan om op onsself of verganklike dinge te vertrou, dit vir ons vanselfsprekend sal wees om God so te vertrou? Om te kies om God instinktief te vertrou, in plaas daarvan as 'n laaste uitweg, vereis diep geestelike groei. Dink net hoe rustig ons lewens sou wees as ons dit 'n werklikheid kon maak.
Om die dag as ons nie die werk kry waarvoor ons aansoek gedoen het nie, nie te glo dat niks goeds ooit met ons sal gebeur nie, maar eerder te kies om te vertrou dat God goed is en Hy net die beste vir ons wil hê. Wanneer ons oorweldig word deur mislukking en moedeloosheid en ons verder in die diepte van hopeloosheid wegsink, ons eerder kies om doelbewus te vertrou dat God vír ons is, en dat Hy gebroke harte heelmaak.
Hoe bereik ons dus die punt waar ons God heelhartig vertrou? Dit is regtig eenvoudig: deur Hom te leer ken. Ons kan nie iemand vertrou wat ons nie ken nie. En die manier om Hom te leer ken, is om tyd saam met Hom deur te bring, sy Woord te lees, tyd met mede-gelowiges deur te bring en ons te verdiep in sy waarheid. Hoe meer ons van sy karakter, sy weë, sy planne en sy liefde vir ons leer, hoe makliker is dit om Hom te vertrou.
Vertroue en geloof gaan eintlik hand aan hand, en word dikwels in dieselfde lig gesien. Die skrywer van Hebreërs skryf: "Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag." Wanneer ons in geloof wandel en kies om God te vertrou, ten spyte van wat al die stemme om ons kwytraak, behaag ons God. Dit is dalk ook die eenvoudigste manier waarop jy Hom kan aanbid.
Hoe om te: Aanbid
- Lees Psalm 121 en verklaar aan jou God wat jy lees.
- Wanneer jy voor die keuse gestel word om God se goedheid of planne te betwyfel, sê hardop vir Hom dat jy kies om Hom te vertrou, al voel jy nie so nie.
- Skryf enige openbaring neer wat God aan jou gegee het tydens vandag se Skriflesing en oordenking.
Aangaande hierdie leesplan
Ons harte neig tot aanbidding. As volgelinge van Christus is ons deur God geskape om Hom te aanbid. Ons is egter geneig om ons bewondering en trou aan mense en dinge te gee, eerder as aan God. Kom saam met ons op hierdie reis en delf dieper in wat aanbidding is en hoe ons 'n leefstyl kan kweek om God ons eerste prioriteit te maak.
More