God Se Droom Vir Jou LeweVoorbeeld
Drie Foute om te Vermy Wanneer Jy Moelikheid in die Gesig Staar
Probleme is deel van die lewe. Jy sal deur moeilike dinge gaan! Jesus het vir ons in Johannes 16:33 gesê: "Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”
In Handelinge 27 het Paulus saam met ander gevangenes per boot gevaar na Rome. Hulle het baie gesukkel, want die wind was teen hulle. Paulus het hulle gewaarsku dat hulle 'n groot storm sou moes trotseer as hulle die vaart voortsit, wat katastrofiese gevolge sou hê. Hulle het in elk geval voortgegaan, en dieselfde drie foute gemaak wat ons vandag nog dikwels in die moeilikheid kry.
1. Ons luister na slegte raad. “Die Romeinse offisier het egter meer waarde geheg aan die mening van die kaptein en die eienaar van die skip as aan wat Paulus gesê het" (Handelinge 27:11). God het reeds vir hulle gesê om dit nie te doen nie en Paulus het hulle ook gewaarsku daarteen. Tog het hulle die raad van die "kenner" gevolg, en dit gedoen. Al sê al die kenners in die wêreld vir jou één ding, as God iets anders gesê het, luister na Hom.
2. Ons volg die massas. “Die hawe was nie geskik om daar te oorwinter nie, en die meeste wou liewer daarvandaan wegvaar en probeer om Feniks te bereik. Feniks was 'n hawe van Kreta wat suidwes en noordwes see toe oop lê. Daar sou hulle kon oorwinter” (Handelinge 27:12). Die "meeste" is gewoonlik verkeerd! Die meeste van die Israeliete wou terugkeer na Egipte, hulle was ook verkeerd. Groepsdruk weerhou baie mense van wat God wil hê hulle moet doen.
3. Ons maak staat op omstandighede. “'n Ligte bries het uit die suide begin waai, en die manne het gedink dat hulle hulle plan sou kon uitvoer. Die anker is gelig, en hulle het so na moontlik aan die kus van Kreta gevaar” (Handelinge 27:13). Paulus het die ander gewaarsku dat hulle in 'n storm invaar, maar hulle het nie na hom geluister nie. Jy moet nie deur elke oop deur loop wat jy sien nie. Jy moenie voordeel trek uit elke geleentheid wat jy ontvang nie. Jy moenie elke werk aanvaar wat vir jou aangebied word nie. Jy moenie elke verhouding aanvaar wat op jou pad kom nie. Die Satan kan ook omstandighede beïnvloed, so jy moet God vra vir sý aanwysings.
Deur hierdie drie foute te ken en herken, kan jy hulle vermy op jou reis na geloof.
Aangaande hierdie leesplan
Die Bybel sê in Matteus 9:29: “Wat julle glo, sal gebeur.” Dit is die geheim om Jesus Christus te volg. God sê: "Jy besluit hoe ek jou lewe seën. Jy glo, Ek seën.” Vergesel Pastoor Rick in hierdie reeks oor hoe om te glo en getrou te wees aan God se droom vir jou lewe.
More