God Se Droom Vir Jou LeweVoorbeeld
Aan die Einde van Hoop? Maak Staat op die Woord van God
Hoe weet jy wanneer jy hoop verloor het in jou lewe? Jy begin die woord "nooit" gebruik. Ek gaan nooit trou nie, ek gaan nooit graad vang nie. Ek gaan nooit gesond word nie. Ek gaan nooit ontslae wees van al my skuld nie. Ek sal nooit my verlede kan laat gaan en al my seer vergeet nie. Ek gaan nooit verander nie. Ek gaan nooit hierdie omstandighede sien verander nie. Dit is wanneer jy hoop verloor het.
Wat doen jy wanneer jy hoop verloor het? Romeine 4:18 sê: “Toe daar geen hoop meer was nie, het Abraham nog gehoop en geglo, en so die vader van baie nasies geword volgens die belofte: 'So sal jou nageslag wees.'”
By jou doodloopstraat het jy die Bybel nodig, lees dit. Bestudeer dit. Memoriseer dit. Dink daaroor. Skryf dit neer op notas en lees dit weer en weer. Die Bybel is vol beloftes. Jy kan staatmaak op die Woord van God en vertrou op sy beloftes. Dit sal jou nuwe hoop gee. Niks anders kan jou so bemoedig soos die Bybel nie. Jy sal nie angstig wees wanneer jy op die Woord van God staatmaak nie, want jy sal herinner word dat God in beheer is, al is jy nie.
'n Doodloopstraat toets jou geloof. Die Bybel sê in Hebreërs 11:17-18: "Omdat Abraham geglo het, het hy, toe hy op die proef gestel is, Isak as offer afgestaan. Ja, hy wat die belofte ontvang het en aan wie gesê is: 'Uit Isak sal jou nageslag gebore word,' het gereed gestaan om sy enigste seun te offer." God het vir Abraham gesê om sy seun te offer, en Abraham het nie eers twee keer daaroor nagedink nie. Hy was nie angstig nie, want hy het onthou wat God kan doen en hy het staatgemaak op God se belofte aan hom.
Wat gebeur wanneer God jou grootste droom vat en jou vra om dit op te gee? Sal jy in geloof dit kan doen? Jy is by 'n doodloopstraat en God sal jou verlos as jy die regte antwoord gee.
Sommige van julle is by 'n doodloopstraat en voel asof daar geen manier daaruit is nie. Jy kyk daarna vanuit jou oogpunt, nie vanaf God se oogpunt nie.
Romeine 4:20 sê: “Hy het nie in ongeloof begin twyfel aan die belofte van God nie, maar hy is in sy geloof versterk en het aan God die eer gegee.”
'n Belofte is net so kragtig soos die karakter van die persoon wie die belofte maak. Die Bybel sê God kan nie jok nie, want Hy is die waarheid. Wanneer God 'n belofte aan jou maak, gaan Hy dit vervolmaak. Dit sal gebeur presies soos wat Hy gesê het. Glo in daardie waarheid wanneer jy by jou doodloopstraat kom.
Aangaande hierdie leesplan
Die Bybel sê in Matteus 9:29: “Wat julle glo, sal gebeur.” Dit is die geheim om Jesus Christus te volg. God sê: "Jy besluit hoe ek jou lewe seën. Jy glo, Ek seën.” Vergesel Pastoor Rick in hierdie reeks oor hoe om te glo en getrou te wees aan God se droom vir jou lewe.
More