God Se Droom Vir Jou LeweVoorbeeld
God se Doel is Groter as Jou Probleme en Seerkry
Die eerste ding wat ons doen wanneer ons deur moeilike tye gaan, is om iemand anders te blameer daarvoor. Tog maak dit nie saak waarvandaan jou probleem kom nie, God het 'n doel daarmee. Al maak jy dom foute, kan Hy dit gebruik. Al maak ander jou met opset seer, kan Hy dit gebruik. Al beplan die Satan slegte goed in jou lewe, kan God die goeie daaruit bring.
God se doel is groter as jou probleme en seerkry. God het 'n plan! Jy moet verby die tydelike seer kyk en fokus op die langtermyn voordeel in jou lewe.
Romeine 5:3-4 sê: “Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop.”
Wat is die doel van jou probleme en swaarkry? God wil hê jy moet iets daaruit leer. Elke storm is 'n skool. Elke beproewing is 'n onderwyser. Elke ondervinding is opvoeding. Elke probleem is daar vir jou ontwikkeling.
Meeste van ons leer stadig. As jy nie uit iets leer nie, sal God dit weer laat gebeur in jou lewe. Dit gaan terugkom, want God stel meer belang in jou karakter as jou gemak. Hy wil eerder sien hoe jy meer soos Christus word as om dinge makliker te maak vir jou.
Party van julle gaan huidiglik deur 'n baie moeilike fase. Siekte, skuldgevoelens, finansiële probleme of selfs moeilike verhoudings. Het God raad vir jou in hierdie situasies? Natuurlik! God sê vir jou: "Moenie tou opgooi nie. Groei.” Vervolmaak die doel van jou probleme: om die persoon te word wat Hy jou geskep het om te wees.
Aangaande hierdie leesplan
Die Bybel sê in Matteus 9:29: “Wat julle glo, sal gebeur.” Dit is die geheim om Jesus Christus te volg. God sê: "Jy besluit hoe ek jou lewe seën. Jy glo, Ek seën.” Vergesel Pastoor Rick in hierdie reeks oor hoe om te glo en getrou te wees aan God se droom vir jou lewe.
More