God Se Droom Vir Jou LeweVoorbeeld
Geloof Ontken Nie die Waarheid Nie
Geloof ontken nie die waarheid nie. Dit is nie om voor te gee asof jy nie 'n probleem het nie. Geloof is nie om te sê: "Ek voel nie pyn nie", wanneer jy wel in pyn is nie. Dis nie om te sê: "Ek kry nie seer nie", wanneer jy seerkry nie. Dis ook nie om te sê: "Ek is gelukkig", wanneer jy nie is nie. Dis onwaarhede, nie geloof nie. Geloof is om die waarheid in die gesig te staar sonder dat dit jou mismoedig maak, want jy weet jou God is groter as die probleem.
Daar is 'n groep Christene wat sê: "Ontken al jou probleme en spreek net positiwiteit uit. Sê dit en eis dit." Hierdie tipe gedagtes is nie van Jesus afkomstig nie. Dis blindelingse optimisme en dit is nie juis goeie teologie nie.
Geloof is om die waarheid in die gesig te staar sonder dat dit jou moedeloos maak. Jy weet dat God enige situasie kan verander. Jy kan 'n gesin op geloof bou, maar nie op fantasie nie. Jy kan 'n besigheid op geloof bou, maar nie op fantasie nie. Jy kan 'n lewe op geloof bou, maar nie op fantasie nie.
Die geheim is om verder as jou omstandighede te kyk: “Ons oog is nie op die sigbare dinge [die probleme] gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare [God se krag] ewig” (2 Korintiërs 4:18).
As jy gaan fokus op die wêreld, gaan jy benoud wees. Daar is oral probleme! As jy op jouself gaan fokus, gaan jy neerslagtig wees, want daar is soveel dinge wat moet verander. Wanneer jy egter op Jesus Christus fokus, sal jy God se vrede ervaar. Dit alles hang af van waar jou fokus is.
Omstandighede is soos 'n matras: bo-op rus jy. Onder dit, versmoor jy. As jy fokus op jou probleme, gaan jy sink, maar wanneer jy fokus op Jesus — jou Verlosser — eerder as op jou omstandighede, gaan jy oorleef.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die Bybel sê in Matteus 9:29: “Wat julle glo, sal gebeur.” Dit is die geheim om Jesus Christus te volg. God sê: "Jy besluit hoe ek jou lewe seën. Jy glo, Ek seën.” Vergesel Pastoor Rick in hierdie reeks oor hoe om te glo en getrou te wees aan God se droom vir jou lewe.
More