God Se Droom Vir Jou LeweVoorbeeld

God's Dream For Your Life

DAG 16 VAN 19

God Is In Beheer Al Staan Jou Planne Stil

Daar is verskeie einde-van-die-pad woorde in die lewe: kanker, egskeiding, bankrotskap, onvrugbaarheid en werkloosheid.

Hoe weet jy wanneer jy by 'n doodloopstraat kom? Dis wanneer dinge buite jou beheer raak en daar is niks wat jy daaromtrent kan doen nie.

Wanneer jy vashaak in fase vyf en wag vir bevryding, moet jy onthou wat God kan doen. Die situasie is dalk buite jou beheer, maar dit is nie buite God se beheer nie. Moenie fokus op wat jy nie kan doen by 'n doodloopstraat nie, fokus eerder op wat God kan doen.

Romeine 4:17 sê: “ ... soos daar geskrywe staan: 'Ek het jou die vader van baie nasies gemaak.' Dít is hy in die oë van God in wie hy geglo het, God wat dooies lewend maak en dinge wat nie bestaan nie, tot stand bring deur sy woord.”

Daar is twee dinge wat God doen wat ons nie kan doen nie: Hy gee lewe aan die dooies en Hy maak iets uit niks. As God 'n dooie mens lewendig kan maak, kan Hy lewe gee aan jou dooie beroep. Hy kan lewe gee aan jou dooie huwelik. Hy kan nuwe lewe gee aan jou droom. Hy kan lewe gee aan jou finansiële doodloopstraat.

Abraham het nie net aan positiewe denke geglo nie. Ek stel positiewe denke voor, want wat is die alternatief? Negatiewe denke werk nie, maar positiewe denke is nie geloof nie. Dit is twee baie verskillende konsepte. Positiewe denke werk goed in situasies waar jy in beheer is.

In omstandighede buite jou beheer is positiewe denke nutteloos. Dit verander nie die omstandighede nie. Jy het iets meer as positiewe denke nodig wanneer jy omstandighede buite jou beheer in die gesig staar. Jy het geloof in God nodig, want Hy kan dít beheer wanneer jy nie kan nie. Meeste van ons lewe is buite ons beheer, so jy het geloof meer nodig as positiewe denke.

Die Bybel sê in Lukas 18:27: “Daarop antwoord Hy: 'Wat vir die mense onmoontlik is, is vir God moontlik.'” God spesialiseer in die onmoontlike. Ons noem dit 'n wonderwerk, en Hy kan dit in jou lewe laat gebeur! Hy kan jou doodloopstraat in verlossing verander.

Luister na vandag se lering van Pastoor Rick >>

Dag 15Dag 17

Aangaande hierdie leesplan

God's Dream For Your Life

Die Bybel sê in Matteus 9:29: “Wat julle glo, sal gebeur.” Dit is die geheim om Jesus Christus te volg. God sê: "Jy besluit hoe ek jou lewe seën. Jy glo, Ek seën.” Vergesel Pastoor Rick in hierdie reeks oor hoe om te glo en getrou te wees aan God se droom vir jou lewe.

More

Leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Word gebruik met toestemming.