God Se Droom Vir Jou LeweVoorbeeld
Wag Jy op God? Moenie Bang of Bekommerd Wees nie
Ons vergeet van baie dinge wanneer die vervulling van ons drome uitgestel word. Ons vergeet soms heeltemal van ons drome. Ons vergeet wat God al alles vir ons gedoen het en hoe goed Hy al vir ons was. Ons vergeet dat God met ons is. Ons vergeet van God se krag.
Dit was die vierde fout wat die Israeliete in die woestyn gemaak het: “Ons voorvaders het in Egipte nie ag geslaan op u magtige dade nie, hulle het nie gedink aan al u dade van trou nie, hulle het teen U in verset gekom by die Rietsee. Maar Hy het hulle gered ter wille van die eer van sy Naam en om sy mag bekend te maak. Maar hulle het gou vergeet wat Hy gedoen het en nie op sy leiding gewag nie" (Psalm 106:7-8, 13).
Dis onwerklik hoe kort hulle geheue was! God het 10 plae in Egipte gestuur om sy mense te bevry en 'n paar dae later vergeet hulle daarvan en sê by die Rietsee: “Ons gaan almal sterf!” Hulle het gou vergeet wat God vir hulle gedoen het. Maar Hy het die Rietsee aangespreek en dit het opgedroog. Hulle het oor die seebodem getrek soos oor droë grond, maar hulle het aan die ander kant gekom en van die wonderwerk vergeet en gehuil: "Ons het niks om te drink nie!" God gee vir hulle water. Hulle vergeet en huil: "Ons het niks om te eet nie!" Die Israeliete het aanhou vergeet.
Ons moet hulle tog nie te gou oordeel nie, want ons doen dieselfde. Wanneer ons moet wag vir iets, is ons gou om te maak asof God nog nooit iets vir ons gedoen het nie. Het God al in die verlede vir jou iets gedoen? Natuurlik het Hy. Jy kan staatmaak daarop dat Hy dit weer sal doen, en weer, en weer.
Onthou God se beloftes, in plaas daarvan om dit te vergeet. Daar is meer as 7 000 van God se beloftes in die Bybel. Beveg elke probleem met 'n belofte, soos 2 Timoteus 2:13: “ ... as ons ontrou is – Hy bly getrou: Hy kan Homself nie verloën nie.” Sy beloftes is altyd groter as die struikelblokke!
God het dalk nog nie sy beloftes in jou lewe vervul nie, want Hy wag dalk nog vir jou. Hy wag vir jou om te leer om nie te vrees, te bekommer, op te gee of te vergeet nie. Hy wil hê jy moet dit leer alvorens Hy jou verlos.
God kan alles onmiddellik doen, maar Hy werk aan 'n groter prentjie. Die vertragings op jou pad vernietig nie God se doel nie. Dit help om sy doel met jou lewe tot vervulling te bring.
Aangaande hierdie leesplan
Die Bybel sê in Matteus 9:29: “Wat julle glo, sal gebeur.” Dit is die geheim om Jesus Christus te volg. God sê: "Jy besluit hoe ek jou lewe seën. Jy glo, Ek seën.” Vergesel Pastoor Rick in hierdie reeks oor hoe om te glo en getrou te wees aan God se droom vir jou lewe.
More